Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Joan Hambidge bring hulde aan Philip Seymour Hoffman

MeditasiesDie vermaaklikheidswêreld is Sondag geruk deur die nuus van Philip Seymour Hoffman se dood. Die Oscar-bekroonde akteur is Sondagoggend op sy badkamervloer aangetref met ‘n naald in sy arm. Luidens berigte is die oorsaak van sy dood ‘n oordosis heroïen. Hoffman word vandag tydens ‘n privaat seremonie deur sy vriende en familie begrawe.

Joan Hambidge, die outeur van Meditasies, het ‘n treffende gedig as huldeblyk aan die akteur geskryf waarin sy verwys na sy verskillende rolle en die tragiese aard van sy dood:

Philip Seymour Hoffman R.I.P.

Wie sou ooit kon raai
dat jý weerloos gevind
sou word met ‘n naald,
prikkende slang
om jou arm gedraai?

Of dat jy voete eerste
by jou rykmansapartment
nie die pers sou kon systap?

Jy was immers berug
om (self)konfrontasie,
besoeke aan ‘n rehab
om ‘n reputasie te red.

Die talentvolle Meneer Ripley
ruk jy aan stukke – hierna maak hy
van jou ‘n voetskrif;
in die laaste kwartet kyk jy
lodderoog in ‘n spieël
met ruwe wenkbroue
agterdogtig en slu.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment