Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Breyten Breytenbach vervleg die konsepte van self: “Dit, die reis, is die storie van mou lewe”

KatalekteBreyten Breytenbach het onlangs ‘n inskrywing getiteld “Klein Reis (ex Africa, ex nihil …)” op Versindaba geplaas. In die artikel stel hy ondersoek in na die konsepte van self, en maak gebruik van neologismes wat hy as volg verduidelik: “Jy/ek ­­= jek; my/jou = mou; myne/joune = moune.” Hy gebruik “jek”, “mou” en “moune” om gedagtes rondom onder meer die temas van malankolie, reis, verbeelding en skryf te verwoord.

Breytenbach skryf: “Eintlik is dit wat ‘lewe’ genoem word maar net ʼn klein reis. Dit, die reis, is die storie van mou lewe. Soms verwar ek dit met die landskappe, die medereisigers wat ek langs die pad ontmoet, die wind wat kuiwe maak in die wolke – asof dit moune sou wees, en hierdie omgewing dan die land-in van die oopkoms waar alle verbeeldsels oorly.”

Lees ook grepe uit Breytenbach se gedigte wat deel van die artikel uitmaak:

Na gelang die woorde vorm aanneem in die skryfdaad, uit (die) mou kom as wemelende versamelplek wat bewe van flardes waarop alles geskryf staan en waarvan ek net geweet het as skuur en skuring, as towergrot en skoelapperdroom, begin sien ek wat Jek is en wat hy doen of dink. Die uiting word die bewussyn. Probleem is dat dit in woorde verstrengel raak.

Jy skryf die niet. Die skrywe kom voort uit die niet. Jek skryf: niet. Augustinus het verwys na hierdie wordende, om die temporaliteit van die leë te vul, as “extensio animi” – oftewel, hoe om die tyd in ritme te verwyl.

die reënwind, laat in die seisoen

het vensterdeure laat klap

en takkies uit die bome gepluk

maar vanaand is die see rustig

soos ʼn vrou wat diep en dikwels

bemin is, en in die donker nog onthou

van die mane in haar skoot

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment