Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Engela van Rooyen se skryfloopbaan van meer as 50 jaar by US Woordfees 2014 gevier

 
Vuur op die horisonDanie Botha en Linda Rode het op Woensdag 12 Maart een van die mees geliefde Afrikaanse skrywers Engela van Rooyen se 75′e lewensjaar en enorme oeuvre gevier tydens ‘n gesprek in die US Woordfees se Boektent.

Van Rooyen is ‘n veelsydige skrywer met talle boeke vir oud en jonk wat uit haar pen verskyn het. Een van haar gewildste boeke is sonder twyfel Vuur op die horison, ‘n meesleurende intrigeroman wat afspeel in die tyd van die Suid-Afrikaanse oorlog. Van Rooyen het ook onder drie skuilname geskryf: Engela Linde, Louisa du Toit en Barend Bornman. Laasgenoemde is gebore uit ‘n behoefte aan ‘n meer manlike persona nadat ‘n effens meer robuuste verhaal deur Van Rooyen in ‘n tydskrif geplaas is. Tydens die gesprek het sy verduidelik dat daar dikwels meer as een van haar verhale in ‘n tydsrkif verskyn het, dié dat sy soms ander name moes gebruik – om te verhoed dat die leser besef Engela van Rooyen is verantwoordelik vir albei.

Van Rooyen skryf al sedert haar studentedae en het dus meer as vyftig jaar se ervaring op haar kerfstok. Daar sal egter nie weer ‘n roman verskyn nie het sy tydens die gesprek gesê, “Dis nie meer lekker om vir ure lank te sit nie.” Skryf help egter om te verhoed dat die jare hul tol eis: “Kreatiewe werk isoleer jou van die ouderdom.”

Botha en Rode het om die beurt gesels oor hul gunstelingaspekte van Van Rooyen se werk, met haar landelikheid, unieke omgang met woorde en vurige vermoëns as dit by unieke verhale skryf kom as die hoof besprekingspunte. Die skrywer had groot lof vir haar medewerkers oor die jare en het beklemtoon dat haar uitgewers, redakteurs en redigeerders ‘n groter rol speel as wat dikwels erken word: “Jy sit op n eilandjie en dan op n dag hoor jy die geplas van roeispane tot jou redding.”

Helené Prinsloo van Books LIVE het regstreeks vanaf die geleentheid met #Woordfees2014 getwiet:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment