Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

TT Cloete gesels oor Karnaval en Lent en deel sy gunstelingvers uit dié bundel, “hierdie sigbare gedig”

Karnaval en lentTT Cloete se jongste digbundel het onlangs by Tafeblerg verskyn. Marlies Taljard het met hom gesels oor die gedigte in Karnaval en Lent, die skildery op die bundelomslag en sy onkonvensionele geloof in God wat in sy gedigte na vore kom. Taljard pols hom ook oor die tema van eet wat sterk teenwoordig is in hierdie nuwe versameling, die vreemde afdelingstitels en vra hom om te verduidelik, “Waar kom gedigte dan vandaan indien die digter dit nie uitdink nie?”.

Cloete deel ook die Karnaval en lent-gedig wat hom naaste aan die hart lê, “hierdie sigbare gedig”, as lusmaker vir die leser en noem dat dit juis vir hom besonders is omdat dit “beskryf hoe die liggaam getransformeer of getransendeer word in die woord en gedig”.

Lees die gedig en volledige onderhoud:

hierdie sigbare gedig

But if I write what my soul thinks,
then it will be visible,
and the words will be its body. – Helen Keller

hierdie gedig is geskryf
met die bloed van my are wat vinnige riviere
loop deur my ganse lyf tot in my oorlelle
(vlesige afkoellappies soos die olifant se ore)

- is geskryf met my worsige ingewande
se wurmkrulle
waar my maaltye van vandag wat kom uit die aarde
nog verwerk word en magies omgetoor word
tot harsings

- is geskryf met hormone en elektrochemiese polsings
in my kop waar woorde van gemaak word
en van woorde word raaiselagtige vleeslose
oordragte gemaak

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment