Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Nathan Trantraal oor Chokers en survivors se ATKV-Woordveertjie: “Ek dink dit is ’n massive step vi Kaapse Afrikaans”

Chokers en survivorsNathan Trantaal het in September die 2014 ATKV-Woordveertjie Prys vir Poësie in ontvangs geneem vir sy bundel Chokers en survivors. Louis Esterhuizen het met hom gesels oor hierdie toekenning.

“Dit was nice om met Wilma Stockenström en Marlene Van Niekerk in te compete virre prys en te wen, maar dis meestal omdat ek ‘n egotist is, ek kannie regtig enige iets van human worth daaraan attribute nie. That said, ek dink dit is ‘n massive step vi Kaapse Afrikaans, ek dink die ATKV het ‘n open spirit ge-demonstrate en cheers to that,” sê Trantaal.

Wat beteken dit vir jou as digter om op dié manier vereer te word?

Ek wiettie eintlik ‘ie. Toe ek op skool was het ek vi jare derde innie klas gekom. Toe ek in stannet vyf was toe werk ek baie hard en toe wen ek al die pryse wat jy kan wen in stannet vyf. Om eerste te kom en om derde te kom het nogal vi my dieselfde gevoel as ek honest moet wies. Dit was nice om met Wilma Stockenström en Marlene Van Niekerk in te compete virre prys en te wen, maar dis meestal omdat ek ‘n egotist is, ek kannie regtig enige iets van human worth daaraan attribute nie. That said, ek dink dit is ‘n massive step vi Kaapse Afrikaans, ek dink die ATKV het ‘n open spirit ge-demonstrate en cheers to that. Die groot eer op die aand though as ek might digress, was toe een van die dudes wie die WAT opgestel ‘et vi my gese ‘et hulle het my boek ge-reference en dat daar woorde daaruit in die woordeboek included was.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment