Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Wilbur Smith se ikoniese When the Lion Feeds nou beskikbaar in Afrikaans as Witwatersrand

WitwatersrandNB-Uitgewers vier vyftig jaar sedert Wilbur Smith se eerste roman, When the Lion Feeds, met die publikasie van ‘n Afrikaanse weergawe, Witwatersrand – nou beskikbaar by Kwela:

Witwatersrand
speel af tydens die ontstuimige goudstormloop en die Zoeloe-oorloë, toe Afrika nog wildernis was. Die enigmatiese hoofkarakter Sean Courtney, is gebasseer is op die tipe mans wat in die laaste kwart van die negentiende eeu van Suid-Afrika besit geneem het.

Sean en sy tweelingbroer Garrick word groot op ʼn plaas in Natal waar Sean drome koester om ook soos sy pa te boer. Maar hulle lewe word spoedig deur die Zoeloe-oorloë ontwrig, die gruwels van die slagting by Isandhlwana sowel as die heldhaftigheid van die teenstand by Rorke’s Drift.

Oor die outeur

Wilbur Smith is in 1933 in Zambië gebore. Hy het by Michaelhouse in KwaZulu-Natal skool gegaan waar hy ’n skoolkoerant begin het voordat hy verder by Rhodes Universiteit studeer het. Nadat hy graad gekry het, het hy op sy pa se aandrang om “’n regte werk” te kry, as rekenmeester gewerk eerder as om sy droom om ’n joernalis te word, te volg. Na onsuksesvolle pogings om sy eerste boek te publiseer, het hy ’n voltydse skrywer geword toe When the Lion Feeds (vertaal en uitgegee deur Kwela Boeke as Witwatersrand in 2014) uiteindelik in 1964 gepubliseer is. Die mees waardevolle raad wat sy uitgewer aan hom gegee het, was om “net oor die dinge wat hy goed ken te skryf”. Hy het sedertdien op Afrika gefokus. Tot op hede het hy meer as 30 topverkoper-romans geskryf wat altesaam meer as 120 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop het. Sy romans is tans in 26 tale vertaal.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment