Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Charl-Pierre Naudé: Ek soek maar altyd metafore vir my eie Suid-Afrikaanse ervaring

Al die lieflike dadeLouis Esterhuizen het met Charl-Pierre Naudé gesels oor sy jongste digbundel, Al die lieflike dade.

“Wat my in die besonder van jou nuwe bundel getref het, is die verskuiwing van landskap,” sê Esterhuizen vir Naudé en vra hom of hy doelbewus probeer wégskryf van Afrika. Hy antwoord:

“Ek soek maar altyd metafore vir my eie Suid-Afrikaanse ervaring. Soms gooi mens die lyn diep, dan weer vlak. Solank iets byt. En as die soeke my minder van ʼn Suid-Afrikaner maak, en op dáárdie manier meer van een, sal ek dankbaar wees.”

Die twee digters het ook gesels oor die bundel se besonder treffende titel, die sosio-filosofiese aanslag in talle van die verse, Naudé se siening van Afrikaanse digkuns en sy unieke skryfstyl:

Is daar ʼn bepaalde gedig, of gedeelte uit ʼn gedig, wat jy graag by wyse van groet hieronder sou wou plaas?

(CPN): Baie dankie, Louis. As ek nou die gedig hieronder lees, lees ek iets raak oor die ander “tale”, die onverbales, wat ons omring in hul verskynsels, en wat ons nie verstaan nie maar wat deur ons soos deur ’n magneet aangetrek word. Miskien is die gedig ook een van die narratiewes met ’n filosofiese strekking waarna jy verwys?

Java

Die menskarweierding
het stadig aan die bopunt
van die opstygbaan ingedraai
vir sy blinde nagvlug oor die oseaan;
ʼn katmasker oor die neus.
Die stuurkajuit se omkringde oë
soos dié van ’n hoëpriester,
het koudbloedig en Oosters opgewimper.
Terwyl ons opwiek van die grond
(in erkenning aan die oudste begeerte),
dink ek na oor rituele:
die perke, en perkeloosheid daarvan:
Die skitterende snydokterspan,
wat wit blaak agter hul maskers
met net die oë wat wys,
soos kalkbedekte heidene wat ’n menseoffer bring.
En ná wat voel soos ʼn vorige leeftyd,
hoor ek toe messegoed klingel
in ’n baie nou paadjie, op ’n soort slee –
bewus van hoe ek wag op ʼn baie hoë hoogte
en beswaard afkyk op die laer lug.
Blykbaar was ek daar om te skerm met skynsels
van die skerpste uitspansel.
Ek het gewonder
of bestekke en lewens
onbesproke of swyend herhaal word
in ánder materiale, dimensies en vorms.
Gebare wat momenteel soos druppels
aan vingers of van lippe hang
kan van tienduisend jaar die hologramme wees:
wesens sigself, in hulself opgesluit
net soos sade of gedagtes,
en so tydloos swewend soos die djins.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment