Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Met Die Goorgomgaai – 15de verjaardaguitgawe bied Julia Donaldson en Axel Scheffler iets spesiaal

Die Goorgomgaai - 15de verjaardaguitgawe‘n Spesiale uitgawe van Julia Donaldson en Axel Scheffler se geliefde prenteboek Die Goorgomgaai is nou beskikbaar op Human & Rousseau se rakke:

Veels geluk met jou verjaardag, Goorgomgaai!

Vier vyftien jaar van dié bekroonde gesinsgunsteling met hierdie spesiale herdenkingsuitgawe. Die Goorgomgaai, geskep deur een van die suksesvolste prenteboekspanne ooit, is ’n ware moderne treffer, ’n gunsteling onder miljoene kinders oor die wêreld heen.

Lees meer omtrent die skepping van hul topverkoperboek, in Julia en Axel se eie woorde, en sien ’n paar vroeë tekeninge uit die illustreerder se sketsboek – onder andere die Goorgomgaai soos jy hom nog nooit tevore gesien het nie!

Oor die outeur

Julia Donaldson het al meer as veertig boeke en toneelstukke vir kinders en tieners geskryf. Haar bekendste werk, The Gruffalo, het drie belangrike Britse literêre pryse gewen (die Smarties-prys, die Blue Peter-prys en die Experian “Big Three”-prys). The Gruffalo bly steeds ’n topverkoper wêreldwyd.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment