Met Die Goorgomgaai – 15de verjaardaguitgawe bied Julia Donaldson en Axel Scheffler iets spesiaal
‘n Spesiale uitgawe van Julia Donaldson en Axel Scheffler se geliefde prenteboek Die Goorgomgaai is nou beskikbaar op Human & Rousseau se rakke:
Veels geluk met jou verjaardag, Goorgomgaai!
Vier vyftien jaar van dié bekroonde gesinsgunsteling met hierdie spesiale herdenkingsuitgawe. Die Goorgomgaai, geskep deur een van die suksesvolste prenteboekspanne ooit, is ’n ware moderne treffer, ’n gunsteling onder miljoene kinders oor die wêreld heen.
Lees meer omtrent die skepping van hul topverkoperboek, in Julia en Axel se eie woorde, en sien ’n paar vroeë tekeninge uit die illustreerder se sketsboek – onder andere die Goorgomgaai soos jy hom nog nooit tevore gesien het nie!
Oor die outeur
Julia Donaldson het al meer as veertig boeke en toneelstukke vir kinders en tieners geskryf. Haar bekendste werk, The Gruffalo, het drie belangrike Britse literêre pryse gewen (die Smarties-prys, die Blue Peter-prys en die Experian “Big Three”-prys). The Gruffalo bly steeds ’n topverkoper wêreldwyd.
Boekbesonderhede
- Die Goorgomgaai – 15de verjaardaguitgawe deur Julia Donaldson, illustrasies deur Axel Scheffler, vertaal deur Philip de Vos
Boek se tuisblad
EAN: 9780798167062
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment