Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Errieda du Toit deel smaaklike resepte vir pampoenkoekies – geskik vir Halloween

KokkedoorKokkedoor 2 - VersamelreseptePampoen is ’n baie veelsydige bestanddeel en ’n bekende simbool tydens Halloweenvieringe. Errieda du Toit het ’n paar resepte vir pampoenkoekies op haar Huiskok-blog gedeel.

Die samesteller van Kokkedoor: Resepte uit jou gunsteling TV-reeks en Kokkedoor 2 – Versamelresepte het tydens die Vryfees in Bloemfontein by Annette Bekker gaan kuier en heeltemal verlief geraak het op haar pampoenpoffers. “Pure goud en gepof, en soos ons daarvan hou – stroopsoet.”

Du Toit het Bekker se resep as volg aangepas: “Ek het haar resep gevolg, behalwe die stroop wat ek lemoenerig-speseryerig gemaak het om by die taaivinger-oondhoender te pas wat ek met jasmynrys bedien het. Ek vervang die koppie water met vars lemoensap en voeg gerasperde lemoenskil, ’n stuk pypkaneel, 2 steranys en 4 kardamom-peule by.”

Probeer Annette Bekker se resep vir pampoenpoffers:

Klits saam:

250 g Floro-bakkie vol klaar gekookte soetpampoen

2 eiers

2 ½ ml sout

Voeg by:

2 koppies bruismeel

15 ml bakpoeier

Bak lepels vol in ’n pan oor matige hitte (die olie nie te warm nie). Braai albei kante. Dreineer.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment