Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Foto’s van die bekendstelling van ’n Duisend stories oor Johannesburg deur Harry Kalmer (Plus: Uittreksel)

Boekbekendstelling: 'n Duisend stories oor Johannesburg

 
’n Duisend stories oor JohannesburgHarry Kalmer en die kunstenaar Willem Boshoff was in gesprek tydens een van die bekendstellings van ’n Duisend stories oor Johannesburg: ’n Stadsroman. Die geleentheid het by die Troyeville Hotel in Johannesburg plaasgevind en Kalmer het vertel dat baie van die stories in die boek naby die hotel afgespeel het tydens die 2008 xenofobiese aanvalle.

Kalmer en Boshoff ken mekaar al lank – Boshoff het immers die inspirasie vir die boek verskaf. Hulle het gesels oor die titel van die boek, die intriges tussen die karakters en die stad wat die boek geïnspireer het. Boshoff het gesê ’n mens kan die boek saamneem op ’n toer deur die ou deel van Johannesburg omdat dit so wonderlik akkuraat is.

Kalmer het die aand afgesluit met ’n voorlesing uit ’n Duisend stories oor Johannesburg. Sien foto’s van die bekendstelling onderaan die artikel.

* * * * * * * *

Queillerie het ’n uittreksel gedeel uit ’n Duisend stories oor Johannesburg waarin een van die karakters, Sara, elke aand stories voorlees uit ’n Duisend-en-een nagte. Soos Sjeherazade lees sy dieselfde stories oor en oor vir haar kinders, terwyl sy terugdink aan haar eie kinderjare en die plaas wat haar pa aan die kapitalis verkoop het.

Lees die uittreksel:

Die storieboek wat Sara elke aand vir die tweeling lees, is al amper weer klaar en sy weet sy sal dan weer van voor af moet begin.

Maar sy gee nie om nie. Sy geniet dit nog steeds, selfs al ken sy die boek uit haar kop. “Ali Baba en die veertig rowers”, “Sinbad die Matroos”, “Aladdin en sy towerlamp”, en al die ander stories wat Sjeherazade aand na aand aan die Sultan moet vertel om haar eie lewe te red.

Haar skoondogter was reeds twee weke weg toe haar seun haar kom vra het of sy sal omgee om na die tweeling te kyk. Sonder sy vrou was die lewe te moeilik in die pastorie.

Van haar ander kinders het hulle skoonsuster verkwalik omdat sy Duitsland toe is.

Maar Sara kan nie kwaad wees nie. As sy kon, sou sy Egipte toe gegaan het om haar jongste seun te gaan soek wat nooit van die oorlog af teruggekom het nie.

Die briewe wat haar skoondogter huis toe stuur en wat haar seun in die hardop-voorlees uit Duits vertaal, breek haar hart. Nie die huis waar haar skoondogter grootgeword het, die skool waarheen sy gegaan het of die hospitaal waar die tweeling gebore is, het bly staan nie.

Van haar broers of haar ouers is daar geen tyding nie.

Soms is die briewe so hartseer dat dit Sara laat dink aan die vrou in die konsentrasiekamp in die tent langs hare. Sy het elke kans wat sy gekry het na haar dooie kind se graf gegaan en so baie getreur, dat sy haar ander kinders verwaarloos het.

Maar sy wat Sara is, sal nie haar skoondogter oordeel nie. Sy was self al genoeg in die duisternis om te weet dat ’n mens soms lank daar moet bly voor jy reg is vir die lig.

Facebook galery

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment