Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

PG du Plessis probeer sin maak van 2014

Fees van die ongenooides“Maak sin van die spulle, vra die redakteur my. Ek kan nie. Niemand kan nie. Want die ding lyk so: Die daaglikse nuusgebeure in die land en die wêreld is soos ’n stroom partikels in jou gesig.”

Só het PG du Plessis onlangs in ‘n rubriek vir Netwerk24 geskryf oor die gebeure van 2014. Die Fees van die ongenooides-outeur het verlede jaar sy tagtigste verjaarsdag gevier.

In die rubriek vergelyk Du Plessis die jaar 2014 met ’n riet wat in ’n stroom staan en bewe. In hierdie stroom beweeg “sensasionele blaartjies” (eendagstories wat kom en gaan) en blaartjies met seekoei-ore of krokodil-oë “wat die toekoms in dryf met reptielskubbe en ’n lang, swaarbetande bek net onder die oppervlak”. Die uitdaging is om onderskeid te maak tussen klein onbenullige stories en die groot gebeure wat die toekoms sal beïnvloed.

Lees die artikel:

Ek het ’n lysie begin maak van taboe-woorde en –onderwerpe wat nie aangeraak durf word nie. (Moet dit tog vir ­Steve aanstuur.) 2014 het maar net weer bewys politieke korrektheid en die klakkelose absorbsie van ons tydgenootlike meme staan dikwels wyd weg van moontlike waarhede. Dit pla my, want ek weet hoeveel dinge wat my eie binnekant dink durf nie geopper word nie. Mea culpa, dus, en dis nie ’n lekker gedagte nie.

​Vat nou 2014. Uit die stroom kan jy – tussen die duisende – darem heelwat krokodille en seekoeie onderskei: dié met die lang nadraaie en diepgange en soms met bloed aan die bek. Dis hulle wat die ordes verander, soms permanent.

Julius byvoorbeeld.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment