Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

’n Groot opkoms vir die bekendstelling van Eunice Basson se debuutdigbundel, Leiboom

Bekendstelling van Leiboom deur Eunice Basson

 
Meer as ’n honderd poësieliefhebbers het na Graffiti Lynnwood Bridge gestroom vir die bekendstelling van Eunice Basson se debuutdigbundel, Leiboom, op Donderdag, 29 Januarie 2015.

Bekendstelling van Leiboom deur Eunice BassonLeiboomDaar was nie plek vir ’n muis in die tweeverdiepingboekwinkel nie en Basson se gespreksgenoot, professor Henning Pieterse, het opgemerk: “Die opkoms vanaand is ’n prestasie. Poësie is gewoonlik die kamermusiek van die letterkunde, dit trek nie gewoonlik soveel mense nie.”

Basson, ’n kunshistorikus van beroep, het in 2008 haar MA in Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Pretoria onder Pieterse se leiding aangepak. Poësie beleef tans ’n bloeitydperk nadat dit vir ’n lang ruk op sy knieë was, het hy gesê.

Pieterse het die aand afgeskop met ’n voorlesing van die bundel se twee motto’s:

Anybody who has survived his childhood has enough information about life to last him the rest of his days.
– Flannery O’Connor –

You have to begin to lose your memory, if only in bits and pieces, to realise that memory is what makes our lives. Life without memory is no life at all… Our memory is our coherence, our reason, our feeling, even our action. Without it we are nothing.
– Luis Buñuel –

“Jy is gelukkig dat jou quotes nie die beste gedigte in die bundel is nie,” het hy geskerts tot groot vermaak van die gehoor. “Dit het al gebeur,” het hy vinnig bygevoeg.

Leiboom handel grootliks oor groei en afsterwe. Basson het vertel dat sy haar liefde vir poësie by haar pa geërf het. Hy het veral die werk van die Dertigers, Veertigers en Vyftigers versamel en in haar huishouding het hulle gereeld na radiodramas geluister.

Die vroegste skrywers wat Basson beïnvloed het was C Louis Leipoldt, Peter Blum, DJ Opperman en NP van Wyk Louw. Deesdae lees sy graag die werk van Hennie Nortje, Wilma Stockenström en Johann de Lange. “Ek gaan nog altyd terug Groot Verseboek toe,” het sy gesê.

“My pa het ’n groot vormende invloed op my lewe gehad. Ons was geesgenote rondom taal en die wêreld,” het Basson gesê. Sy het haar pa in gedagte gehad toe sy die Engelse of Franse woord “espalier” gekies het vir die titel. Espalier, oftewel leiboom, beskryf die tegniek om ’n boom teen ’n draad op te lei en te snoei sodat daar pragtige vrugte afhang. In Frankryk word dit gebruik om plante teen ’n muur te laat rank.

Pieterse wou meer weet oor die tematiek van alledaagse geweld wat Basson op subtiele wyses aanspreek in Leiboom. “Daar is wêreldwyd nogal ’n oorlog teen vroue,” het sy gesê. “Dit gaan ook vir my oor diesulkes wat hulself nie kan beskerm nie – kinders, vrouens, mans ook.” Sy het twee gedigte oor dié tema voorgelees: “Nuusleser” wat opgedra is aan die destydse SABC-nuusleser, Suzanne Steyn, en “Kinderspeletjies” aan Chanelle Henning. Die laasgenoemde jong vrou is na bewerig deur haar man, Nico Henning, vermoor.

Bekendstelling van Leiboom deur Eunice BassonPieterse het gesê dat Basson se slotte pertinent goed is en dat haar verse vier jaar terug reeds baie knap was. “Ek hou van ’n afgewerkte, knap vers,” het hy gesê. Haar gedig “Butcher Boys” het veral by hom gespook en sy het die gedig, wat na die beeldhouwerk van Jane Alexander vernoem is, voorgelees.

Basson het haar vriend en kollega John Clarke bedank vir die omslag van die bundel. Sy het die gedig aan haar pa vir hom gewys en hy het met ’n visuele beeld vorendag gekom wat nie té illustratief is nie. Mike Cruywagen het met toestemming van die kunstenaar verder gewerk daaraan.

Basson het die aand afgesluit met ’n voorlesing van die titelgedig van die bundel, “Leiboom: Pa”. Na die formele gesprek het die gehoor aan die Woord en Wingerd-versnaperinge gesmul en die digter het kopies van haar bundel geteken.
 

* * * * * * * *

 
Annetjie van Wynegaard (@Annetjievw) het regstreeks vanaf die bekendstelling met #livebooks getwiet:


 

 

* * * * * * * *

Facebook galery

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment