Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Video: Buys deur Willem Anker vra vrae oor wat dit is om ’n mens te wees

Buys – ’n GrensromanWillem Anker se roman gegrond op die lewe van die legendariese trekboer Coenraad de Buys het verlede jaar by Kwela verskyn. Buys – ’n Grensroman handel nie net oor fisiese grense nie, maar oor die grense tussen mense, kulture, konvensies en vele meer.

Die Hoof van Afrikaans by die Universiteit van Pretoria, Willie Burger, het by Yvonne Beyers in die ateljee gekuier om Flits se boek van die maand te bespreek.

Burger het gesels oor die boeiende geskiedenis waarop Buys gegrond is, onder meer die legende dat De Buys in sy leeftyd meer as 300 kinders verwek het.

“Milan Kundera het iewerste geskryf en gesê ‘n historiese roman gaan nie daaroor om die geskiedenis as sodanig te ontdek en te beskryf nie, dit gebruik ‘n historiese gebeurtenis om daaruit iets te ontdek van menslike bestaan, van wat dit is om mens te wees,” het Burger gesê.

Kyk na die video:

YouTube Preview Image
 

 
“Ek is die laaste een wat die boek kan interpreteer; wat ek wou sê moes ek seker gesê gekry het op die bladsye,” het Anker onlangs in ‘n onderhoud aan Leon de Kock gesê.

Die emeritus-professor in Engels aan die Universiteit Stellenbosch het hom gepols oor die waaghalsige manier waarop hy homo-erotiese aspekte in die roman ingebring het en die grense wat hy self in sy skryfwerk oortree.

Lees die artikel:

“Die homo-erotiese oomblikke in die roman is heeltemal apokrief,” sê Anker. “Met die skryf van die Buys-karakter – soos sekerlik die geval is met enige subjektiwiteit en/of karakter – was sy seksualiteit ’n integrale aspek van sy identiteit, maar in die geval van Buys is hierdie aspek van sy wese juis op die voorgrond gestel vanweë die horde stories oor sy enorme viriliteit wat deur die jare oorvertel (en sekerlik aangedik) is. Sommige oorlewerings beweer dat hy meer as 300 kinders verwek het! Indien sy seksuele begeerte ’n rigtingwyser vir die karakter sou wees, wou ek hê dat sy begeerte dan in alle rigtings du – vroue, mans, diere, rivierbeddings …”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment