Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Mense met probleme maak interessante karakters – Francois Bloemhof oor Die vierde stem (Potgooi)

Die vierde stem“Dit voel totaal vreemd.”

Só het die bekroonde skrywer François Bloemhof onlangs aan Suzette Kotzé-Myburgh gesê oor die meer as sestig publikasies wat al uit sy pen verskyn het. Die skrywer het op RSG se Skrywers en Boeke-program gesels oor sy jongste boek, Die vierde stem.

Die eerste drie stemme in Bloemhof se boek behoort aan ‘n sielkundige, ‘n skrywer en ‘n meisie met probleme. Die vierde stem is die “onbekende faktor” wat ‘n baie belangrike rol speel, en terloops ook baie in filosofie belangstel, vertel die skrywer.

Bloemhof vertel dat hy dit die meeste geniet het om die meisie te skryf: “Ek hou van mense met probleme, hulle maak interessante karakters.”

Luister na die potgooi:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment