Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Taboes onder die lakens – Jan van Staden gesels oor Boer kry ’n vrou (Plus: Uittreksel)

Boer kry ’n vrouNaomi Meyer het onlangs tien vrae aan Jan van Staden gestel oor sy vuurwarm roman, Boer kry ’n vrou.

Die skrywer vertel hoe die kykNET-reeks Boer soek ‘n vrou gedien het as inspirasie vir die boek: “In Boer kry ’n vrou wou ek graag op die man af uitbeeld wat moontlik agter die skerms in ’n werklikheidsreeks soos Boer soek ’n vrou kan gebeur.”

Van Staden gesels oor onder meer die belangrikheid van ruimte en atmosfeer in sy boek, die hygliteratuur-genre en konserwatiewe Afrikaanse skrywers.

Lees die artikel:

Wat was vir jou die belangrikste: plot, karakter, ruimte, atmosfeer of tema? (Of iets anders – en, indien wel, wát?)

Beslis die ruimte en die atmosfeer. Ek wou graag die gebeure realisties uitbeeld – dit moet so na as moontlik aan mense se werklike denke en dade wees. Dis fiksie, maar ek het baie daarvan op werklike stories gebaseer waarna ek om kampvure en in kroeë geluister het.

Wat dink jy van die hygliteratuur-genre? Is dit moontlik om seks en die letterkunde op ‘n smaakvolle wyse te versoen?

Ek dink lesers word beslis geprikkel deur die taboes wat onder die lakens gebeur, ongeag die oorweldigende negatiewe kommentaar. Die internasionale topverkoper Fifty Shades of Grey het dit bewys.

LitNet het ook ‘n uittreksel gedeel uit hoofstuk een en twee van Boer kry ’n vrou. Ontmoet die aantreklike boer, Juan van Wyk, waar hy “op ’n rotskoppie sit en kyk hoe die son die Bosveld groet”. Hy kan nie ophou om aan sy kortstondige seksavontuur met Anneline te dink nie, en terwyl Juan sit en tuur besef hy weereens dat sy liefdeslewe ’n fiasko is.

Lees die uittreksel:

Ook maar goed dis Vrydag, dink Juan van Wyk waar hy op ’n rotskoppie sit en kyk hoe die son die Bosveld groet. Hy het gekom om die wild by die watergat dop te hou, maar sy kop is by alles behalwe wat hier in die laatmiddag op sy plaas Fort le Clos gebeur. Die eensaamheid kou hom. Sy hart loop ver. En toe ’n rooibokram so ’n vinnige liefdemaaksessie inkry wat sy rug byna in ’n spasma knoop, dink Juan: Jou gelukkige wetter. Ook nie lank nie, en hy dink aan Anneline, en daar en dan begin sy onderlyf lewe kry. Die tydjie saam met haar was te kort. Veels te kort …

Hy het haar op ’n dating site ontmoet. Maar as hy nou daaroor dink, tref dit hom dat dit juis is omdat hy gevoel het hy het iemand spesiaals in sy lewe nodig dat hy die dating site probeer het. Dit is ongelooflik hoeveel mense alleen is en hunker na iemand om hul lewe mee te deel.

Juan sal sy tydjie met Anneline nou nie juis ’n verhouding noem nie. Dit was eerder ’n kortstondige seksavontuur, maar dit was wonderlik. Sy is ’n onderwyseres in Musina, wat so 48 kilometer van sy plaas is. Sy is 14 jaar ouer as hy, geskei en het hom lekker gebruik as ’n katelknapie. In die skoolvakansie was sy heeltyd beskikbaar, maar daarna het sy die krane toegedraai. Sy het ’n pragtige liggaam. Rooi hare en groen oë en ’n lyf wat enige jong man se libido in die rooi jaag. Hulle het egter besef dat die ouderdomsverskil en hul uiteenlopende belangstellings hulle op hul oudag sal inhaal. Buitendien is hy heeltemal te jonk vir so ’n soort verhouding.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment