Alledaagse lewe en ruimtes van die Vrystaat onder vergrootglas in Gilbert Gibson se vyfde digbundel, Vry-
Gilbert Gibson se jongste digbundel, Vry-, verskyn volgende maand op Human & Rousseau se rakke:
Die titel van Gibson se vyfde bundel verwys na die Vrystaatse ruimte waarin die digter grootgeword het en steeds woon, maar dit dui ook op die ontglippende aard van betekenis in die alledaagse lewe.
Oor die outeur
Gilbert Gibson is in 1963 op ’n plaas naby Marquard in die Vrystaat gebore. Hy studeer medies aan die Universiteit van die Vrystaat en praktiseer vandag as internis in Bloemfontein.
Hy debuteer in 2001 in Nuwe Stemme 2 met 12 gedigte. Sy eerste bundel Boomplaats ontvang in 2006 die Protea-poësieprys vir die beste Afrikaanse digbundel wat die vorige jaar verskyn het. Boomplaats was ook op die kortlys vir die Ingrid-Jonker-prys. Sy tweede bundel, Kaplyn, het in 2007 verskyn.
Boekbesonderhede
- Vry- deur Gilbert Gibson
Boek se tuisblad
EAN: 9780798170536
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment