Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

“Ek skryf al my boeke vir die leser in my” – Deon Meyer gesels oor Ikarus (Video)

Deon Meyer is sonder twyfel een van die gewildste Suid-Afrikaanse skrywers.

IkarusKobraIndien jy na ‘n bewys vir hierdie stelling soek, kyk net na sy jongste prestasie: Wenner van die titel “Afrikaanse leesboek van die jaar” tydens vanjaar se Huisgenoot-Tempo-toekennings vir sy nuwe spanningsverhaal wat vroeër vanjaar verskyn het, Ikarus. Hy het verlede jaar die intreeprys in dié kategorie gewen vir Kobra.

LitNet het in April by die die Paarl-bekendstelling Meyer se gesprek met Isabeau Botha verfilm en op hul YouTube-kanaal gedeel. Gedurende die gesprek vertel die skrywer waar die titel en idee vir Ikarus vandaan kom, waarom hy nog altyd oor die wynbedryf en Stellenbosch wou skryf, hoe hy navorsing gedoen het vir hierdie verhaal en nog baie ander interessanthede oor sy skrywersbestaan en -proses.

“Ek skryf al my boeke vir die leser in my, want dit is die enigste leser wat ek ken. Mens kan nie ‘n boek skryf vir ‘n gesiglose, naamlose leser daar buite wie se smake en voorkeure jy nie ken nie. Alle skrywers skryf vir die leser binne hulself. Ons skryf boeke wat ons van sou gehou het om te lees, dan hoop ‘n mens maar net dat daar ander is wat jou smaak deel,” sê Meyer.

Kyk na die video om meer oor Ikarus en Meyer te wete te kom:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment