Veearts-vriende 2: Tania en die perdry-kompetisie – Nog ’n dolle diere-avontuur deur Helen Brain
Veearts-vriende 2: Tania en die perdry-kompetisie, die tweede boek in Helen Brain se dierereeks vir kinders, verskyn eersdaags by Human & Rousseau:
’n Pragtige perd, Oreo, is te koop en Tania het reeds haar hart op hom verloor. Maar die tyd is besig om uit te loop en dit lyk asof die neus-in-die-lug nuwe meisie, Shardonnay, ‘n aanbod op Oreo gaan maak nog voordat Tania genoeg geld kan bymekaarskraap. Haar ma kan haar nie help nie, want die laaste ding wat hulle nou kan bekostig is ’n perd. Intussen verdwyn die professor se onderbroeke nog steeds, Tiek en sy apie is weer met hulle ou streke besig en Tobias is dolverlief en desperaat om Shardonnay se aandag te trek. Sal Tania ooit vir Oreo in die gimkana kan ry?
Nog ’n dolle avontuur in die Toerien-huishouding, met tonne dieredrama, humor en nooit ’n oomblik van verveling nie!
Veearts-vriende 2: Tania en die perdry-kompetisie is ook in Engels beskikbaar as Vets en pets 2: Jamie and the horse show.
Oor die outeur
Helen Brain is op 13 September 1960 in Perth, Australië gebore. Op vyfjarige ouderdom keer haar ouers terug na Suid-Afrika en hulle woon in Durban.
In 1982 behaal Helen ’n B Mus-graad aan die Universiteit van Kaapstad. Helen het daarna onder meer skool gegee (Umtata en Mowbray), in ’n biblioteek gewerk en ook later haar eie kunsvlytbesigheid gehad. In 1997 verskyn haar eerste kinderboek, Who’s Afraid of Spiders?, by Human & Rousseau.
In 1998 word haar tweede boek, Tamara, met ’n ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Helen is ook ’n vryskutredigeerder, -proefleser, -kopieskrywer en skrywersmentor.
Helen is getroud met Luke Stubbs en hulle het drie kinders, Peter, James en Philip.
Boekbesonderhede
- Veearts-vriende 2: Tania en die perdry-kompetisie deur Helen Brain
Boek se tuisblad
EAN: 9780798170604
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Vets en pets 2: Jamie and the horse show deur Helen Brain
Boek se tuisblad
EAN: 9780798170635
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment