Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

2015 Hertzogprys vir Drama aan Tertius Kapp: Lees JL Coetser se huldigingswoord

 
OorseeRooilandTwee dramas deur Tertius Kapp – Oorsee en Rooiland – is vanjaar deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gesamentlik vereer met die 2015 Hertzogprys.

Hierdie gesogte toekenning is die vernaamste prestigeprys in die Afrikaanse letterkundige wêreld en heet na die groot kampvegter vir Afrikaans, genl. JBM Hertzog. Die prys is beperk tot oorspronklike letterkundige werk in Afrikaans en word jaarliks om die beurt toegeken vir poësie, drama en verhalende prosa in dié volgorde. Die prys word toegeken op aanbeveling van die Akademie se Letterkundekommissie.

Lees professor JL Coetser se huldigingswoord wat op die aand van die toekenningsgeleentheid in Stellenbosch deur professor HP van Coller gelewer is:
 

* * * * * * * *

 

Tertius Kapp se eerste gepubliseerde toneelteks is ‘n klassieke voorbeeld van ‘‘n moderne tronkdrama in Afrikaans. Dié drama, Rooiland, verteenwoordig gevolglik ‘n belangrike nuwe bydrae tot die Afrikaanse dramasisteem. Dit is ‘n digte teks wat ‘n hoë mate van opvoeringsgerigtheid vertoon.

Die dramaturg het die grondstof vir sy teks uit die tronkmitologie gehaal. Daarin neem die ‘wet’ wat reeds vir baie jare op die afgeslagte vel van die bul Rooiland staan, ‘n sentrale plek. Die aard van dié mitologie gee in die drama tot inisiasierituele aanleiding, waartydens die bestaan van tronkbendes gewelddadig en bloedig na vore tree.

‘n Gedeelte van Fransie se inisiasie as “inkoos nkulu” (letterlik ‘die grootmeneer’ dit wil sê leier) van die twee-sewes bende hou in dat hy Adidas in ‘n geveg met ‘n skerpgemaakte beker wond en Adidas sterf. Die dramaturg bied aan sy leser, en uiteindelik aan die gehoor, hiermee ‘n herkenbare gestalte van geweld.

Voorts dra goed gedefinieerde karakters en karakteropenbaring oortuigend tot die voorstelling by. Die dialoog is opvallend. Karakters soos Adidas en Pastoor verleen aan Rooiland trefkrag deur hul gebruik van tronktaal, of sabela.

Oorsee, Kapp se tweede bekroonde drama by hierdie geleentheid, is eweneens sterk opvoeringsgerig en literêr-dig. Dit vertoon duidelike allegoriese trekke. ‘n Losse groep verweerde en karikatuuragtige karakters is per boot na hul Utopia of Nuwe Wêreld onderweg. Gesamentlik verteenwoordig hulle die Afrikaner. Afsonderlik verteenwoordig elkeen ‘n simboliese tipe. Mossie verteenwoordig byvoorbeeld ‘n Moses wat sy volk na hul Nuwe Wêreld wil lei, terwyl Eeufesia die Afrikaner-volksmoeder verteenwoordig.

Ook hul skip moet sinnebeeldig verstaan word. Dié vaartuig slaan op ‘n narreskip of gekkeskip,wat die opvarendes met verskeie intertekste verbind. Voorbeelde is onder andere Sebastian Brant se Das Narrenschiff, Jonathan Swift se Gulliver’s Travels of Katherine Anne Porter se Ship of Fools. Hierdie intertekste maak dit moontlik om Oorsee as ‘n distopiese, politieke reisallegorie te beskou wat die Afrikaner, soos in sommige dramas deur Van Wyk Louw, Pieter Fourie en Reza de Wet, parodiërend en satiries in die kollig plaas.

Letterkundiges en toneelgangers sien daarna uit om in die toekoms met nuwe werk van ‘n waardige wenner van die 2015-Hertzogprys vir drama kennis te maak.

Meneer die voorsitter, ek versoek u nou om die Hertzogprys aan Tertius Kapp te oorhandig.

 

* * * * * * * *

 

Kapp het met kunsjoernalis Amanda Botha gesels oor die Hertzogprys en twee tekste wat hom hierdie eer in die sak gebring het.

Lees die artikel vir meer oor Oorsee, Rooiland en die dramaturg wat byna ‘n fisikus geword het:

Hy het nog altyd agter sy verbeelding aangeloop. So verklaar Tertius Kapp sy ommeswaai van fisika na letterkunde.

Met twee gepubliseerde teatertekste, Rooiland en Oorsee, het hy die afgelope week die jongste ontvanger tot nog toe van die Hertzogprys geword.

Sy naam word nou saam gelees met vorige wenners soos N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Uys Krige, Adam Small, Chris Barnard, Pieter Fourie en Reza de Wet.

Op die vraag oor wat hom van koers laat verander het toe hy al ’n honneursgraad in laserfisika verwerf het, en vroeër op skool in wetenskapolimpiades uitgeblink het, antwoord hy:

“Dit was maar altyd deurmekaar. Ek het my ingeskryf vir BSc, dit toe verander na BA, maar ’n jaar of twee later weer begin lus raak vir fisika.”

Boekbesonderhede

 
Foto met dank van Netwerk24

 

Please register or log in to comment