Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

“Wat is steampunk?” – Pieter Verwey en Bibi Slippers gesels oor Clint Eastwood van Wyk en die moordenaarsklok

Pieter Verwey

 
Pieter VerweyClint Eastwood van Wyk en die moordenaarsklokPieter Verwey het verlede week sy debuut, Clint Eastwood van Wyk en die moordenaarsklok, by The Union Pop-Up Bar in Illovo bekendgestel. Die digter Bibi Slippers het die gesprek gelei.

Clint Eastwood van Wyk en die moordenaarsklok handel oor ‘n “doomsday”-masjien wat die hele wêreld kan laat vries en, ter wille van almal se veiligheid, in die middel van die Karoo weggesteek word. Clint Eastwood van Wyk en sy Amerikaanse nefie Budde ontdek egter die masjien tydens ‘n familievakansie in die Moordenaarskaroo, en van daar word die leser pens en pootjies by die verhaal ingetrek. Die boek bevat ook Griekwa-stories en ou legendes wat dit ‘n eg Suid-Afrikaanse verhaal maak.

Verwey het die boek geskryf as deel van sy Meestersgraad in Kreatiewe Skryfwerk by Tukkies, waar hy in steampunk gespesialiseer het, onder die leiding van Professor Henning Pieterse.

Slippers wou weet: “Wat is steampunk?” Verwey het sy eie Afrikaanse woord daarvoor uitgedink: Ketelkoolkultuur. Die skrywer het vertel dat steampunk reeds in 1987 deur die skrywer John Ruskin ontdek is as ‘n nuwe tipe wetenskapfiksie. In sy studies het Verwey gevind dat alle steampunk Neo-Victoriaanse, Retro-Futuristiese en Science-Fantasy elemente bevat.

Bibi Slippers en Hevette le GrangeVerwey het eendag tydens ‘n skryfkursus in Stellenbosch op ‘n standbeeld van ‘n meisie wat hardloop afgekom. Die standbeeld het hom laat dink aan die ou legende wat sê as jy om middernag jou gesig trek sal dit so bly staan. Dit het hom laat wonder, wat as daar werklik so ‘n muurklok bestaan het? Waar sal dit vandaan kom? Al hierdie vrae het hom gelei na die Laingsburg museum waar hy wonderlike stories opgediep het, van reuse skerpioene tot legendes oor spoke. “The Karoo is ghost central,” het Verwey vertel oor die inspirasie vir sy boek.

As kind was Verwey dikwels alleen met sy neus in ‘n boek, en vandag is hy ‘n lektor in Kopieskryf en Kreatiewe Denke by Vega School of Brand Leadership. Oor die skryf van Clint Eastwood van Wyk en die moordenaarsklok het hy gesê: “Ek wou gekyk het of dit iets is wat ek kon doen. Die proses van boek skryf is baie anders as wat ek gedink het dit sou wees.” Hy meen dat die grootste les wat hy kon geleer het is om nie bang te wees nie en het sy gunsteling aanhaling oor skryf gedeel: “The best books aren’t written, they’re rewritten.” Oor die kursus self het hy gesê: “Dit was ‘n goeie leerskool gewees, ek weet waar my foute is. Ek sal dit aanbeveel vir enigeiemand wat ‘n boek wil skryf.”

Slippers het ook uitgevis na Verwey se gunsteling leesstof. Verwey se skryfhelde is die groottes, Terry Pratchett, Douglas Adams, Tom Holt, maar hy het ook gebieg dat hy deesdae ook daarvan hou om selfhelpboeke te lees. Slippers het voorgestel dat hy die eerste steampunk-selfhelpboek in Afrikaans skryf, “Help jouself stoom afblaas”.

 

* * * * * * * *

 
Annetjie van Wynegaard (@Annetjievw) het regstreeks vanaf die bekendstelling met #livebooks getwiet:


 

 

* * * * * * * *

Facebook galery

deur Pieter Verweyhttp://book.co.za/3M2Z

Posted by NB-Uitgewers on Wednesday, 15 July 2015

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment