Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

“Dankie vir jou verruklike voetspoor” – Skrywers onthou TT Cloete en sy yslike impak

 
Op Woensdag, 29 Julie 2015 het ons vaarwel gesê aan een van die grootste name in Afrikaanse letterkunde, Theunis Theodorus Cloete.

Na die nuus van sy afsterwe het die huldeblyke begin instroom – vriende, familie, kollegas en lesers het hul herhinneringe van TT Cloete op verskeie platforms gedeel.

Karnaval en lentMoestasMatriksOnbedoelde land

 
Die skrywer Deborah Steinmair het in ‘n artikel vir Netwerk24 vertel hoe sy Cloete ontmoet het, en watter yslike impak hy op haar lewe gehad het.

Die Moestas-outeur groet haar ou professor met die woorde: “Dis iets wit en stil en allerliefliks wat weg is. Maar wat bly, is jou liefde. Rus sag, dankie vir jou verruklike voetspoor.”

Lees die artikel:

Só ontmoet ek hom: Ek is ’n tweedejaar. Sy dogter Thea nooi my vir tee. Thea was ’n boheemse fenomeen op die Puk-kampus: dramaties aanskoulike diva van die dramadepartement, soirée-popster met ’n skelrooi mond, lang, akwamaryn oë en ’n groot stem. Ek daag onaangemeld by die klinkersteenhuis in Reitzstraat op: intens, verwilderd, pynlik skaam en totaal ongesosialiseer, met literêre ambisies. Digby die voordeur is die professor se studeerkamer, van vloer tot plafon vol boeke. Ek loer in. Hy nooi my binne.

Die akademikus en skrywer, Joan Hambidge, skryf op haar Woorde wat weeg-blog: “Cloete was bepaald een van my digterlike mentors en vormgewers.”

Die Matriks-outeur deel ‘n paar van Cloete se verse ter illustrasie van daardie eienskappe wat hom so ‘n unieke digter gemaak het:

Daar waar die aarde sy meniskus
by die hemel laat uitkom
‘n sierlike boogpunt maak
daar is vrede in die lug.

Vanoggend toe ek verneem van Cloete se dood, lees ek skielik hierdie reëls anders. Dit is asof hierdie verse nou gelees kan word as ‘n soort afskeid aan Cloete.

“Op enige ander tyd as die aand voor die digter Theunis Theodorus Cloete se begrafnis, sou hierdie mitologiese verhaal vir my maar net nog ’n verhaal gebly het.”

Só het Carina van der Walt haar huldeblyk aan Cloete op Versindaba begin.

Van der Walt vertel hoe sy op die aand voor Cloete begrafnis na ’n uitsending van Christoph Willibald Gluck se opera “Orfeus en Euridice” geluister het, en hoe die musiek haar dadelik aan hom laat dink het:

Hoe baie het Cloete miskien nie na “Orfeus en Euridice” se verhaal na tant Anna se dood geluister nie? Hy het haar baie gemis. En hy het sy Grieks en die klassieke literatuur goed genoeg geken dat dit glad nie onmoontlik was nie. Kan iemand wat op so ’n hoë leeftyd soos by Cloete wat sy lewenslange maat verloor, ooit daaroor kom? Sou hy soos Orfeus van ouds haar wou gaan terughaal uit die dood as hy maar kon?

Cloete het in die Afrikaanse Letterkunde die natuur miskien net so digterlik besing soos Orfeus in die Griekse Letterkunde. Met sy Psalmberymings kan Cloete miskien as ’n christelike voorsetting van Orfeus se “Heilige Woorde” waardeer word.

RSG het op die dag van Cloete se afsterwe hul Skrywers en Boeke-program gewy aan die digter. Ilse Salzwedel vertel dat dele van die argiefprogram opgeneem is by die US Woordfees 2013.

Margot Luyt het ook die Vers en Klank-program aan Cloete opgedra. Die Onbedoelde land-outeur Bernard Odendaal, wat ‘n tesis oor die digter geskryf het, het meer vertel oor Cloete se werk wat eers in 1980 die lig gesien het. “Hy was volksdigter met ‘n intellek soos min,” vertel Luyt.

“Hy was ‘n formidabele leser én ‘n formidabele onthouer van wat hy gelees het,” sê Odendaal, en begin die aand se voorlesing met ‘n gedig wat ‘n groot invloed op die Afrikaans digkuns gehad het, “Marilyn Monroe foto in blou”.

Luister na die potgooie:


 

 

Uit die argiewe

Netwerk24 se boekeredakteur Jo Prins het ‘n ou artikel afgestof wat in 2011 in By verskyn het. In hierdie artikel vertel ‘n 86-jarige Cloete aan Prins hoe hy na sy vrou Anna verlang nadat hy haar in 2007 aan kanker afgestaan het. Hy gesels ook oor sy honger “om die voortdurend uitdyende uitspansel te belééf”:

Lees die artikel:

Saans verkyk hy hom op sy rekenaar aan die beelde wat die Hubble-ruimteteleskoop aanskou, en hy praat gereeld oor Skype met sy dogter Thea in Bangkok. Sy dae word volgemaak met lees en skryf, en hy bly betrokke by NWU se Potchefstroomse kampus, waar hy ’n buitengewone professor in Afrikaans-Nederlands is.

Hoewel die lyf dié van ’n 80-plusser is, is sy ligte, blou oë helder en lewendig.

Dikwels, so tussendeur die gesels, vra hy om verskoning dat hy so baie praat …

Maroela Media het twee video’s gedeel waarin die digter gesels oor sy loopbaan in die literatuur en die dinge in die lewe wat regtig belangrik is – dit wat jy “nie kan weeg, meet en tel nie”.

Kyk na die video’s:

YouTube Preview Image YouTube Preview Image

 

Lees nog huldeblyke aan Cloete:

 
Lees ook

Boekbesonderhede

Foto met dank aan die TT Cloete-Facebookblad

 

Please register or log in to comment