Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Die film gegrond op Die pro deur Leon de Villiers première Vrydagaand by die 2015 Silwerskermfees

 
Die proDie pro deur Leon de Villiers het in 1997 by Tafelberg verskyn en handel oor ‘n tienerseun wat sy beste vriend in ‘n fratsongeluk verloor en sweer om nooit weer branderplank te ry nie.

Die pro wen in 1997 die beginnersprys in die Sanlamwedstryd vir jeugliteratuur en in 1998 die MER-prys en die Scheepersprys vir jeuglektuur. Die pro is ook die voorgeskrewe boek vir graad nege- en tien-studente in Suid-Afrikaanse skole.

Die fliek wat op die roman gegrond is première op Vrydag, 28 Augustus by die 2015 Silwerskermfees vanaf 18:00 tot 19:30 en sal ook meeding om die “Gehoorgunsteling”-titel.

 
Ruan Bruwer skryf in ‘n artikel vir Netwerk24 dat die fliek vanaf 8 September landswyd in teaters sal draai en dat daar ook ‘n herdruk van die boek beplan word.

Lees die artikel:

Die Pro, waarmee De Villiers in 1997 die Sanlam-boekeprys vir jeugliteratuur gewen het, is deur Tiaan van Niekerk, een van die prent se vervaardigers, in ’n rolprent omskep en sal die eerste Afrikaanse rolprent wees waarin branderplankry ’n groot deel van die prent beslaan.

’n Herdruk van die boek, met die plakkaat van die rolprent as omslag, word ook beplan.

Reine Swart en Arno Greeff het Dinsdagoggend in die OFM-ateljee gekuier om meer te vertel oor die fliek. Greeff gesels oor hoe dit was om die bad guy in die verhaal te speel en Swart deel mee hoe sy geleer het om branderplank te ry.

In die tweede potgooi gesels die akteurs oor roem en die kwaliteit van Suid-Afrikaanse films. Die vervaardiger Annelie Bouwer gesels saam en vertel hoe hulle die fliek op die planke gekry het.

Luister na die potgooie:

 

Loer na die lokprent:

YouTube Preview Image

 
Besoek Die pro se Facebook-blad vir meer oor die film, akteurs en resensies.
 
Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment