Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Potgooi: Corlia Fourie gesels oor temas van vreemdelinghaat en emigrasie in Tussen heinings

Tussen heiningsIlse Salzwedel het onlangs met Corlia Fourie gesels oor haar vierde roman, Tussen heinings, wat pas by Tafelberg verskyn het.

Fourie se pa is die bekende skrywer Mikro (Christoffel Hermanus Kühn) en sy vertel hoe sy van kleintyd af, selfs voordat sy kon lees, sy boeke op die rakke kon uitken. Op hoërskool het sy gedink dat haar pa te veel wroeg oor sy skryfwerk en het toe besluit om eerder ‘n joernalis te word. Die kreatiewe-skryfgogga het egter kort voor lank begin byt.

In die onderhoud gesels Fourie oor die temas van vreemdelinghaat en emigrasie wat sy in haar roman aanpak. Tussen heinings speel af in die voorstede van Johannesburg en vertel die oorrompelende verhaal van gewone mense wat ten spyte van misdaad, egskeiding en emigrasie met hul lewens voortgaan. Die skrywer sê dat die roman geïnspireer is deur die fisiese en emosionele versperrings wat mense oprig om “ongewenste elemente” uit te hou.

Die gesprek begin om 10:20. Luister na die potgooi:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment