Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Heruitgawe van Leon de Villiers se aangrypende tienerverhaal oor vriendskap en verlies – Die pro

 
Die proDie rolprent gegrond op Leon de Villiers se jeugroman Die pro is vanjaar by die Silwerskermfees bekendgestel. Die heruitgawe van Die pro, met die fliekplakkaat as omslag, is nou beskikbaar by Tafelberg:

’n Aangrypende verhaal oor vriendskap, verlies en die demone wat tieners moet takel in die proses van grootword, geskryf in die taal van vandag se tiener. Die hoofkarakter is ’n 16-jarige seun wat versot is op branderplankry, ’n karakter met wie tieners, en veral seuns, maklik sal kan identifiseer.

Dié boek was een van die wenners van die Sanlamprys vir Jeuglektuur in 1996. Deur die skrywer van die hoogs suksesvolle Aliens en engele.

 
Loer na die lokprent:

YouTube Preview Image

 

Oor die outeur

Leon de Villiers is op 25 Julie 1960 in Pretoria gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hercules in Pretoria. Daarna studeer hy aan die Universiteit van Pretoria waar hy ’n BA- en Honneurs BA-graad in Staatsleer en Internasionale Politiek verwerf. Hy behaal ook ’n Hoër Onderwysdiploma aan dieselfde universiteit.

Na sy studies is hy ’n geskiedenisonderwyser, maar in 1993 begin hy voltyds skryf. Sy eerste jeugboek, Aliens en engele, verskyn in 1996 by Tafelberg. Sy tweede boek, Die Pro (1997), ontvang ’n Sanlambeginnersprys, die Scheepersprys vir jeuglektuur en die M.E.R.-prys.
 
Lees ook:

 
Boekbesonderhede

 
Foto met dank aan Bloemfontein Courant

 

Please register or log in to comment