Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

“Die era van die ontgogelde digitale boorling” – Lien Botha gesels oor Wonderboom (Video)

WonderboomLien Botha, ‘n bekende kunstenaar en fotograaf, het vanjaar haar debuutroman Wonderboom vrygestel. Rozanne McKenzie het met die skrywer gesels oor haar loopbaan, haar roman en die mees waardevolle advies wat sy tydens haar MA in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad gekry het.

“Dit is baie belangrik om die stof en die goed van elke dag waarmee mens omgaan te absorbeer, dit is waaruit ons verhale kom,” vertel Botha.

McKenzie vra: Hoeveel invloed het sosiale media op jou werk as kunstenaar, fotograaf en skrywer? Botha sê sy gebruik wat sy nodig het en wat vir haar waardevol is. “Dit is deel van ons bestaan, daar is baie lawaai daaraan verbonde,” sê Botha, “dis asof ons brein ook begin aanpas en verskuif”.

Op McKenzie se vraag oor die saadjie waaruit Wonderboom ontkiem het, sê Botha: “Dis ‘n boom wat nou al ‘n hele paar jaar groei en baie water gekry het.” Die skrywer vertel meer oor die groot verhale wat in haar familie vertel is en haar verbeelding aangegryp het.

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

 
Herman Lategan het ook vroeër vanjaar Wonderboom onder oë gehad en het tien vrae aan die skrywer gestel oor hierdie merkwaardige postapokaliptiese roman.

Lategan pols die skrywer oor onder meer die eerste reël in die boek (“Sy eet vandag ’n spreeu”), haar gunsteling Afrikaanse eiename vir bome, voëls, plante en velddiertjies, haar liefde vir die see en die beste lewensraad wat sy ooit ontvang het.

Lees die artikel:

Die boek se eerste reël is: “Sy eet vandag ’n spreeu.” Wie? Waarom?

​Die hoofkarakter, Magriet Vos. Sy bevind haar in ’n post-apokaliptiese tyd binne die Suid-Afrikaanse landskap. Dit is die era van die ontgogelde digitale boorling en alle bronne is skaars.

Die gevolg is dat die skeiding tussen ryk en arm meer skreiend is as ooit vantevore en veral in die buiteposte gaan dit benouend. Sy is ’n violis wie se geheue besig is om die gees te gee.

Wat is die beste lewensraad wat jy al ontvang het, en by wie?

Luister (’n musikant). Maak tyd om te gaan stap (’n vriend van my wat in ’n rolstoel is). Vergeef (my oorle ma).

Laetitia Pople het ook met die skrywer gesels oor onder meer die geheueverlies in die roman en hoe haar kuns haar skryfwerk beïnvloed.

Lees die artikel:

Jy is visuele kunstenaar én skrywer. Hoe sluit die kreatiewe prosesse ­bymekaar aan?

Dit is seker onafwendbaar ­wanneer ’n mens so lank reeds besig is met data wat opgestoor is deur die jare. Met tyd moet die ­rivier maar weer terugvloei see toe. Ek werk aanvanklik organies met die versameling van materiaal wat ek so spoedig moontlik probeer ­vaslê (terwyl daar ’n pols is.)

Dan kom ek so gereeld en so gou as moontlik by die rekenaar uit vir die skryfsessies.

Botha het in September vanjaar haar debuut op haar tuisdorp, Bettysbaai, bekendgestel. Janine van der Riet-Neethling het verslag gelewer oor die geleentheid:

Bettysbaai-inwoner Lien Botha het Saterdagoggend haar eerste boek, Wonderboom, bekendgestel by ’n boekvoorlesing by die Abalone Galery in Haweweg.

Botha vertel die skryf van dié roman het ongeveer een jaar geneem en kan beskou word as ’n distopiese roman wat afspeel in ’n post-apokaliptiese tyd binne die Suid-Afrikaanse landskap.

“Dit is die era van die ontgogelde digitale boorling en alle bronne is skaars. Die gevolg is dat die skeiding tussen ryk en arm meer skreiend is as ooit vantevore en veral in die ‘buiteposte’ gaan dit benouend.”

Loer na Botha se kuns, fotografie en skryfwerk op haar webtuiste:

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment