Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

“Wat is verraad?” – Alexander Strachan gesels oor die sentrale tema van Brandwaterkom (Video)

BrandwaterkomAndré Weideman het onlangs by die beroemde skrywer Alexander Strachan gekuier by sy huis in die Vrystaat.

Brandwaterkom is Kwêla se tweede boek van die maand, en is vanjaar bekroon met die derde prys in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2015. In hierdie boek keer Strachan terug na sy oupa se wêreld, sy hartswêreld in die Vrystaat, sê Weideman.

Strachan noem Brandwaterkom ‘n dubbellooproman, omdat dit op twee tydsvlakke afspeel – die hede en 120 jaar vantevore. Die sentrale draad van die storie, vertel Strachan, is ‘n ondersoek na die vraag: “Wat is verraad?”

Die twee karakters op die voorblad verteenwoordig die hede en verlede – en die feit dat hulle albei geblinddoek is suggereer die vuurpeloton, vertel Strachan. Brandwaterkom is ‘n roman wat gaan oor joinders en die straf vir joinders was teregstelling, sê hy verder.

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

 
Verwante skakels:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment