Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Theuns Eloff vra: Wat nou, Suid-Afrika?

Tafelberg skop 2016 af met die publikasie van Wat nou, Suid-Afrika? deur Theuns Eloff – ‘n boeiende, belangrike blik op die land se aktuele kwessies:

Wat nou, Suid-Afrika?Om braaivleisvure skiet gewone Suid-Afrikaners se kommervlakke deesdae amper net so hoog op soos die vonke.

In Wat nou, Suid-Afrika? kyk die oudrektor Theuns Eloff na die kwessies op almal se lippe – werkloosheid en verlammende armoede, die impak van regstellende aksie, die bedreigings vir die oppergesag van die grondwet, die probleme in ons onderwys, misdaad … Eloff steun op die jongste navorsing en sy ervaring in die politieke- en sakewêreld om nuwe perspektief te gee op al hierdie kwelpunte.

Oor die skrywer

Theuns Eloff was in sy lewe al studenteleier, predikant, voorsitter van ʼn skoolbeheerliggaam, Dakar-ganger, administrateur by die vredesonderhandelinge en Kodesa, sakefasiliteerder, voorsitter van Aardklop-kunstefees, president van ʼn nasionale sakeorganisasie en rektor van die Noordwes-Universiteit. Hy is tans nie-uitvoerende voorsitter van die FW de Klerk Stigting, die Dagbreek Trust en ‘n genoteerde maatskappy.

Sy betrokkenheid by die grondwetlike onderhandelinge en talle organisasies wat die sogenaamde nuwe Suid-Afrika suksesvol probeer maak het, het hom nie net passievol oor die land gemaak nie, maar maak hom ook uitnemend geskik om oor ʼn wye verskeidenheid aktuele sake te skryf ‒ die soort kwessies waaroor daar gereeld op konferensies en om braaivleisvure gepraat word.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment