Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

So is dit nou deur Johan van Wyk: Aangrypende humoristiese stories oor die hede en verlede

So is dit nouSo is dit nou: Nog stories van gister en vandag deur Johan van Wyk is nou beskikbaar by Tafelberg:

So is dit nou is ‘n nuwe versameling aangrypende humoristiese stories oor die hede en verlede deur die deurwinterde joernalis en skrywer Johan van Wyk.

Die versameling dokumenteer ‘n tyd van Padkafees, Pepsi floats en koue skaapnek uit ‘n saalsak. Daar is stories oor jagekspedisies op volstruisplase en motorfietsry op afgeleë paaie. Maar dit gaan nie net oor Sondagmiddae met skaapboud, geelrys en rosyntjies, soet patats en gebakte aartappels nie. In dié bundel word die verlede onthou en meesterlik verweef met die hedendaagse Suid-Afrika waar Jacob Zuma en Julius Malema die septer swaai.

Die Gupta-troue herinner aan Afrikaner troues van ouds waar “Tant Koek se hoenderhaan” gesing is en Zuma se Nkandla-verskonings aan P.W. Botha wat fier en regop te perd na die stembus in George ry.

Nes in sy eerste bundel So was dit spreek dié verhale universele temas aan en bring dit nuwe insigte oor die lewe, die verlede en vandag se wêreld wat teen ‘n “verbysterende snelheid” voortstu.

Oor die outeur

Johan van Wyk is ’n gesoute joernalis wat die afgelope paar jaar gereeld artikels vir Weg, Landbouweekblad, By en rubrieke vir Die Burger se “Van alle kante” bydra. In sy loopbaan van 38 jaar het hy onder meer die gewilde “Stop van Myne”-rubriek in Volksblad geskryf en ’n groot aanhang in die Vrystaat opgebou. Danksy sy potjiekos-rubriek vir Beeld is hy ook in Gauteng bekend.

Hy was redakteur van The Herald op George en het ook by Die Suidwester in Windhoek gewerk. Die FAK se Prestige-prys vir uitnemende Afrikaanse joernalistiek is in 1992 aan dié boorling van Calvinia toegeken.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment