Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Spitsvondig en baie snaaks: Zip! Stories deur Nataniël

Zip!Zip! Stories deur Nataniël is nou beskikbaar by Human & Rousseau:

Nataniël is weer op sy stukke. 41 magiese nuwe stories in Afrikaans en Engels, uit sy mees onlangse verhoogproduksies landswyd. Tegelyk absurd en tog so herkenbaar Suid-Afrikaans. Soos in ​Nicky & Lou, ​en sy jongste blitsverkoper 150 stories, ​is die verhale in ​Zip! spitsvondig en báie snaaks, en tog ook so wys. Hoe skryf hy op een plek: “As mense na jou staar of jou nie aanvaar nie, is dit heeltemal in die haak. Solank hulle vir jou hande klap.” 27 stories is in Afrikaans, en 14 in Engels.

Oor die outeur

Nataniël is op Grahamstad gebore. Hy het skool gegaan aan die Laerskool Riebeeck-Kasteel en Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier. Na skool studeer hy musiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy het aanvanklik bekendheid verwerf as kabaretster en verhoogkunstenaar, maar sedert die 1990’s is hy ook bekend as skrywer en koskenner.

Sy publikasies sluit in Dancing with John (1992), Rubber (1996), Tuesday (2001), Food from the White House (2002), Kaalkop (2004) en When I was (2008). Hy skryf ook al vir ’n hele paar jaar sy Kaalkop-rubriek vir Sarie.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment