Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Een nag en ’n bietjie deur Hester Kruger: ’n Boeiende spanningsverhaal oor ’n ontvoering

Een nag en 'n bietjieEen nag en ’n bietjie deur Hester Kruger is nou beskikbaar by Human & Rousseau:

Daar was die dag voor die gebeure, en die dag daarná. En dan was daar die nag tydens. Nooit weer sal Margaretha se lewe dieselfde wees nie. Een gewone weeksaand is sy en haar man in hul plaaswoning naby Groblersdal beroof en ontvoer. En wonder bo wonder het hulle albei die nag oorleef. ​

Een nag en ’n bietjie is ’n boek wat ons herinner aan wat dit is om mens te wees in hierdie land: dis leesstof wat jou laat jubel jy woon hier, in hierdie verraderlike, verrassende en onvoorspelbare land.

Oor die outeur

Hester Kruger is gebore en getoë op ’n plaas in die distrik Krugersdorp. Sy gaan skool op Roodepoort en behaal daarna ’n meestersgraad in Afrikatale asook ’n diploma in Biblioteekkunde aan die destydse PU vir CHO.

Tussen die grootmaak van drie kinders werk sy in die biblioteke van die Potchefstroomse Universiteit, Unisa en die RGN. Sy doseer ook deeltyds in Afrikatale. Sy skryf kinderverhale vir die senders van die SAUK wat in Afrikatale uitsaai en doen deeltyds literêre resensies vir die dagbladpers in Pretoria.

Stokperdjies sluit in enige iets wat met die buitelewe te make het, tuinmaak en lees

Sy is getroud met Johan, ’n regsgeleerde, en hulle is geseënd met vier kleinkinders. Gedurende hulle werkslewe het die egpaar in Potchefstroom, Pretoria en Kaapstad gewoon. Sedert 2007 woon hulle op hul aftreeplasie by die Loskopdam in Mpumalanga.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment