Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for January, 2017

Wildernis deur Wilbur Smith: Die vertaling van die derde boek in die gewilde Courtney-trilogie

WildernisWildernis deur Wilbur Smith is nou beskikbaar by Queillerie:

Die Eerste Wêreldoorlog gooi Sean Courtney en die skerpskutter Mark Anders se lot saam toe hulle in die loopgrawe in Frankryk ontmoet. In ’n ongerepte wildernis in Suid-Afrika bereik Mark se verterende liefde vir die eiesinnige Storm Courtney ’n hoogtepunt, terwyl sy bloedige stryd met Sean se vervreemde seun, Dirk, op die spits gedryf word. Wildernis is die vertaling van A Sparrow Falls, die derde boek in die gewilde Courtney-trilogie.
 

Oor die outeur

Wilbur Smith is in 1933 in Zambië gebore. Hy het by Michaelhouse in KwaZulu-Natal skool gegaan waar hy ’n skoolkoerant begin het voordat hy verder by Rhodes Universiteit studeer het. Nadat hy graad gekry het, het hy op sy pa se aandrang om “’n regte werk” te kry, as rekenmeester gewerk eerder as om sy droom om ’n joernalis te word, te volg. Na onsuksesvolle pogings om sy eerste boek te publiseer, het hy ’n voltydse skrywer geword toe When the Lion Feeds (vertaal en uitgegee deur Kwela Boeke as Witwatersrand in 2014) uiteindelik in 1964 gepubliseer is. Die mees waardevolle raad wat sy uitgewer aan hom gegee het, was om “net oor die dinge wat hy goed ken te skryf”. Hy het sedertdien op Afrika gefokus. Tot op hede het hy meer as 30 topverkoper-romans geskryf wat altesaam meer as 120 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop het. Sy romans is tans in 26 tale vertaal.

Boekbesonderhede


» read article