Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Per ongeluk bied ’n histeriese kykie op alledaagse situasies

Lloyd Zandberg is ‘n opwindende nuwe stem in Suid-Afrikaanse satire.

Kyk één keer deur sy oë na die lewe, en niks sal ooit weer dieselfde wees nie.

Hierdie versameling kortverhale bied ‘n histeriese kykie op alledaagse situasies: ‘n tango-les in die platteland; die tannie “so eenvoudig soos ‘n ses-stuk legkaart”; ‘n besoek aan ‘n tandarts en sy assistent met wie hy meer as net ‘n spreekkamer deel.

Zandberg se debuut is ‘n boek vol deernis en humor, met vriendelike gebruiksaanwysings vir mense wat nie so goed lees nie.

Lloyd Zandberg is in Windhoek gebore in 1991.

Na baie jare in Kaastad, het hy teruggekeer na Namibië, waar hy foto’s neem van wilde diere en mooi tannies wat lelik sit. Onlangs het hy ‘n ATKV Namibië-veertjie gewen vir 12 van sy kortverhale.

Hy verkies om te glo dat hy op die verkeerde planeet bly. Maar weet ook dat hy niks daaraan kan doen nie.
 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment