Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Schalk Schoombie se Rooi Haring ’n vlymskerp, skreeusnaakse speurverhaal

“Ek is die sondebok. Ek het dit gedoen.” Só begin Schalk Schoombie se Rooi Haring, ‘n skreeusnaakse speurverhaal wat afspeel in die plaaslike restaurantbedryf.

Die vooraanstaande celebrity-sjef Hartman Swiegers word vermoor tydens die openingsaand van Tydloos, sy nuwe, eksklusiewe restaurant in Pretoria. Wat volg is ‘n dolle vaart op soek na die moordenaar.

Is die sondebok dalk Darius Swiegers, Hartman se skugter, jaloerse broer? Of een van die uitsoek-gaste? Of dalk een van die restaurantpersoneel, een van die staatmakers in die kombuis wat jaar ná jaar sorg vir Hartman se suksesse?

Greta Burger – ‘n selfaangestelde speurder wat haar laat lei deur haar intuïsie, oftewel “gevoelentes” – stel ondersoek in. Verskeie ompaaie lei uitendelik tot ‘n groot, klimaktiese onthulling.

‘n Vlymskerp roman met verskeie kinkels deur ‘n bekroonde dramaturg.

Schoombie se debuutroman, Boomkastele (Human & Rousseau, 2015), was genomineer vir die ATKV-prosaprys en die Jan Rabie-Rapportprys.
 
 
Schalk Schoombie is gebore in Pretoria. Ná sy dramastudies was hy kunsresensent, vryskutjoernalis en redakteur van De Kat. Hy is bekroon met ‘n Mondi (1994), ‘n ATKV-Mediaveertjie (2009), ‘n AngloGold Ashanti-Smeltkroesprys (2012), en ‘n FAK-toekenning vir besondere kultuurprestasie. Hy het reeds nege dramas geskryf. Hy woon in Alberton.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment