Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Hallo, Hekel is net die ding as hekel jou passie is

Hekel is die nuutste handwerkgier wat wêreldwyd op die loopplanke te sien is en nou deur oud en jonk beoefen word.

In Hallo, Hekel word ’n enkele patroon geneem en op vier verskillende maniere vertolk na gelang van jou styl – hetsy boheems, kunstig, kontemporêr of romanties.

Patrone, wat wissel in moeilikheidsgraad, sluit mooi goed vir jouself, jou huis, babas en kinders, en selfs geskenke in.

Daar is ietsie vir almal: ’n warm poncho vir die winter, ’n mooi teemussie vir die huis, ’n serp wat jy as geskenk vir jou vriendin kan gee, ’n dienlike baadjie vir ’n nuwe baba. Daar is ook voorstelle om dieselfde patroon vir meer as een projek te gebruik.

Hallo, Hekel is net die ding as hekel jou passie is. Deur bekendes in handwerk- en hekelkringe.

Toe Anisa vyf jaar oud was het haar ouma Wally haar leer brei. Haar ma, Trudi, het haar ongeveer tien jaar gelede leer hekel. Sy is by die advertensiewese en die akademie betrokke, mal oor haar kat en twee worshonde, en omring haar met goed wat stories vertel. Sy het altyd wol en ’n hekelpen in haar handsak.

As kind het Cornel meer daarin belanggestel om popklere te maak as om met haar poppe te speel. Op twintigjarige ouderdom het sy haar eie wol gespin en gekleur. Sy is ‘n gekwalifiseerde binnenshuise ontwerper met ‘n passie vir permakultuur. In haar vrye tyd hekel of brei sy, neem foto’s en maak slim planne.

Elsbeth is dalk met ‘n verfkwas in haar hand gebore, want krabbel was kleintyd haar gunstelingtydverdryf. Sy het ‘n konstante obsessie om goed te maak, wat haar na die sprankelende pad van hekel gelei het waar elke bol betowerende moontlikhede inhou! Sy bly in Pretoria saam met haar man, mooie saluki-hond en lieftallige Siamese kat.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment