Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for July 13th, 2017

Bekendstelling: Radbraak deur Jolyn Phillips

In dié digbundel verbrokkel sy taal, draai sy rug op haar vel-taal, pleeg sy ‘radbraak’ op haar eie taal. Dit is die enigste medium wat sy het, maar sy breek dit, sy vernuwe dit, sy ‘ont’taal dit.

Phillips is ‘n nuwe stem in Afrikaans – by tye liries maar deurgaans skreiend en ook uitdagend.

Volgens bekroonde digter Petra Müller is Radbraak ‘n ‘klein aardbewing van ‘n bundel’.

Ook uit Müller se keurverslag:’Hierdie skrywer het die engel in die klip beet.’

Jolyn Phillips, 27, is gebore en getoë in Blompark, Gansbaai. Haar debuutkortverhaalbundel, Tjieng Tjang Tjerries and other stories, verskyn in 2016. Sy is tans besig om met haar doktorale tesis aan die Universiteit van Weskaapland (UWK). Sy beskryf haarself as ‘n woordswerwer maar werk ook deeltyds as ‘n dosent en sangeres.

Details


» read article