Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Boerekos met ’n twist gee ’n kwyllekker kinkel aan eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het

Boerekos met 'n TwistIn Boerekos met ’n twist gee Annelien Pienaar ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het.

Elkeen van dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is deeglik getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les” konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so ’n ongekende sosialemediasukses maak.

Tussendeur help sy lesers om basiese kombuisvaardighede onder die knie te kry én sy deel nuttige raad, kortpaaie en plaasvervangers waarmee selfs groentjies vinniger, goedkoper en met meer selfvertroue vooruit sal boer in die kombuis.

As voedselwetenskaplike, kookskooleienaar, boervrou, werkende ma en blogger met haar vinger stewig op die pols van die volk weet Annelien presies wat kosmakers én -eters nou nodig het: ’n kompakte 21ste eeuse Kook en geniet vir besige mense.
 
 
 
 
Annelien Pienaar, ’n voedselwetenskaplike, en haar man, Hanru, is pekanneutboere en eienaars van die gasteplaas Bos-en-Berg by Skeerpoort (naby Hartbeespoort) van waar sy haar kookskool en haar trefferblog, BoereKosTwist, bedryf.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment