Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Otto se dorp word deur ’n spookplaag geterroriseer! Gelukkig het Harry die Grieselgryper goeie kontakte aan die Oorkant…

Harry Griesel 2Daar is ‘n spookplaag in die dorp! ‘n Hele klomp kinders in Otto se skool word skielik deur spoke geterroriseer en ‘n oorlede Spaanse bulvegter wil by Otto se tante intrek. Maar drie huisspoke en ‘n pratende vlermuis is klaar genoeg – Otto het beslis nie nog ‘n huismaat nodig nie. Waar kom al die spoke vandaan? En hoe raak mens van hulle ontslae? Gelukkig het Otto se vriend Harry, die Grieselgryper, goeie kontakte aan die Oorkant.

Sonja Kaiblinger is in Krems gebore en het in ‘n spookhuis grootgeword wat oor die 100 jaar oud is. Sy werk as onderwyser in Vienna. Behalwe om te skryf, is sy lief vir perdry en sy versamel ook leë agurkiebottels, wat sy teen ‘n buitensporige hoë prys aan Grieselgrypers soos Harry verkoop. Haar Scary Harry-reeks is reeds in 11 tale vertaal.

Fréderic Bertrand is in 1981 in Minden gebore en kort daarna het al die goeie spoke hom verlaat. Hy spook al vir ‘n paar jaar in Berlyn, waar hy in sy afskuwelike ateljee-grot, onder die begeleiding van skreeuende orrelklanke, sy skrikwekkende prentjies teken.

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment