Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Op pad: ’n Reisjoernaal is Dana Snyman se snaakse, skerp en onthutsend eerlike relaas van die land deurkruis op soek na stories

Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana.

Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met ‘n optelhond – en met ‘n nuwe manier van kyk.

In deel twee kyk hy rugby. In kroeë, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen.

Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.

Dana Snyman is bekroonde skrywer met ’n rits topverkopers agter sy naam. Hy skryf gereeld vir Die BurgerBeeldBy en veral Huisgenoot, waar hy sedert 2014 feitlik eksklusief werk. Dié tydskrif, die grootste in Suid-Afrika, het hom talle nuwe volgelinge besorg. Dana is ook aktief op sosiale media en het meer as 5000 volgelinge op Facebook.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment