Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for August, 2017

Blaai deur Ros Haden en Tony Pinchuck se besonderse Die Apies se Dieretrein

Olifant ontvang ‘n uitnodiging na die apies se partytjie by Kokosneutbaai en klim dadelik in sy stoomenjin vir ‘n avontuurlike reis oor die hele Afrika-kontinent! By elke stasie klim nog meer diere op die trein. Hulle speel, stry en vertel stories op die langpad … Die rymende teks en asemrowende, kleurvolle illustrasies wat die wilde diere van Afrika in fantasmagoriese glorie uitbeeld, gaan kinders vasgenael hou. Perfek vir voorlees.


 
Klik hier om die pragboek te bestudeer.

Die Apies se Dieretrein

Boekbesonderhede


» read article

Page through Andy Lee’s hilarious Do Not Open This Book

This guy will do anything for you not to open this book. Threats, bribes, reverse psychology – you name it. A hilarious new book from radio extraordinaire and all-round funny guy, Andy Lee. Young readers will love doing everything they’re asked not to. With bright and entertaining illustrations this story will become a family favourite.

 
 
Click here to page through Lee’s delightful book.

 

Do Not Open This Book

Book details


» read article

Otto se dorp word deur ’n spookplaag geterroriseer! Gelukkig het Harry die Grieselgryper goeie kontakte aan die Oorkant…

Harry Griesel 2Daar is ‘n spookplaag in die dorp! ‘n Hele klomp kinders in Otto se skool word skielik deur spoke geterroriseer en ‘n oorlede Spaanse bulvegter wil by Otto se tante intrek. Maar drie huisspoke en ‘n pratende vlermuis is klaar genoeg – Otto het beslis nie nog ‘n huismaat nodig nie. Waar kom al die spoke vandaan? En hoe raak mens van hulle ontslae? Gelukkig het Otto se vriend Harry, die Grieselgryper, goeie kontakte aan die Oorkant.

Sonja Kaiblinger is in Krems gebore en het in ‘n spookhuis grootgeword wat oor die 100 jaar oud is. Sy werk as onderwyser in Vienna. Behalwe om te skryf, is sy lief vir perdry en sy versamel ook leë agurkiebottels, wat sy teen ‘n buitensporige hoë prys aan Grieselgrypers soos Harry verkoop. Haar Scary Harry-reeks is reeds in 11 tale vertaal.

Fréderic Bertrand is in 1981 in Minden gebore en kort daarna het al die goeie spoke hom verlaat. Hy spook al vir ‘n paar jaar in Berlyn, waar hy in sy afskuwelike ateljee-grot, onder die begeleiding van skreeuende orrelklanke, sy skrikwekkende prentjies teken.

 

Boekbesonderhede


» read article

Bekendstelling: Hykie Berg – My Storie van Hoop (16 Augustus)

Hykie Berg was op die kruin van die golf – hy was ‘n suksesvolle akteur en in die wêreld se oë het hy alles gehad wat ‘n mens kan begeer. Tot op ’n dag dat hy iemand in ’n badkamer op stel dwelms sien gebruik het en hy so hard teruggeval het in sy ou gewoontes dat hy by die dood omgedraai het.

Hierdie boek volg hom deur die dwelmhole van Hillbrow, tot in Botswana en uiteindelik waar hy tot stilstand kom, in ‘n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal. Hier kom red God hom van ‘n gewisse dood.

Hykie Berg is in Pretoria gebore en getoë. Hy gaan studeer drama en het gespeel in reekse soos Egoli, Plek van die vleisvreters, Binnelanders en flieks soos Dis ek Anna. In 2011 wen hy die realiteitskompetisie Survivor South Africa. Hykie is passievol daaroor om mense te help wat in verslawing verval is. Hy is getroud met Melissa en bly in Pretoria.

Besonderhede


» read article