Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Bennie Griessel is terug – met mening

Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig?

Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk.

Kort daarna word sy Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n Fabritius-skildery wat kwansuis in die Kaap is – en hý was ’n Rembrandt-leerling van wie bloedweinig werke bekend is. ’n Onbekende Fabritius sou ’n gróót storie in die kunswêreld wees.

Dan vind Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar, en Vaughn weet dadelik daar’s gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .

Deon Meyer is voltyds skrywer en woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in twaalf romans (Wie met vuur speel, 1994, Feniks, 1996, Orion, 2000, Proteus, 2002, Infanta, 2004, Onsigbaar, 2007, 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013, Ikarus, 2015 en Koors, 2016). OrionProteus en Infanta is met die ATKV-prosaprys bekroon.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment