Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for October, 2017

Is jy opsoek na die beste macaroni-en-kaas resep ooit? Herman Lensing het hom!

30Die gewilde en gerekende koskenner Herman Lensing vier 30 – op allerhande maniere, maar (natuurlik!) het die belangrikste daarvan met kos te doen.

Daar is byvoorbeeld 30-minute-resepte, die 30 dinge wat jy van wyn moet weet, en wenke van sy koskenner vriend oor hoe om jou gebak te laat skitter – en ook 30 goeie gewoontes, dinge wat sy ma hom nooit vertel het nie, maniere om gesond te bly en meer.

Die resepte word verdeel in die afdelings brood, maalvleis, graan, pasta, varkvleis, tuna, skaapvleis, en hoender. By elke afdeling is daar ook vier “moet-maak” resepte.

Herman deel sy kennis en wenke gulhartig, en nooi lesers ook om ’n bietjie uit sy lewe te leer.
 
 
Herman Lensing is in 2009 op 22-jarige ouderdom aangestel as Sarie se jongste kosredakteur ooit. Hiermee volg hy in die voetspore van bekendes soos Barbara Joubert en Peter Veldsman.

Die aantreklike jong man het amper onmiddellik ’n gunsteling by Sarie-lesers geword. Sy aansteeklike entoesiasme, uitstekende koskennis en begrip vir die alledaagse werklikhede waarmee lesers te doene het, maak vir ’n wenkombinasie. Sy programme op VIA is baie populêr.

Herman trek vol sale wanneer hy kosdemonstrasies hou. Hy skryf ook ’n gewilde blog op Sarie se webwerf. Human & Rousseau is trots om sy eerste kookboek te kan uitgee.

Volg Herman op Twitter: @HermanLensing en lees sy blog.

Maar voor jy dié twee doen, berei die beste macaroni-en-kaas ooit voor!

As Vrydag aan die deur klop, juig ek want ek weet dis tyd vir rustig raak, wyn skink, vriende nooi en macaroni-en-kaas. Maar dis darem naweek, so ek hang uit en sit hom luuks voor!

300 g macaroni • 60 ml botter • 30 ml koekmeel • 500 ml melk • 200 g beleë cheddarkaas, gerasper • 2 eiergele • 225 g chorizo, in skywe gesny • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak • 40 g parmesaankaas, gerasper • 200 g broodkrummels

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Maak die pasta gaar volgens die aanwysings op die pak.
Maak die sous terwyl die pasta kook: Smelt die botter in ’n mediumgroot kastrol en voeg die meel by. Roer met ’n draadklitser tot die botter die meel geabsorbeer het.
Voeg die melk op een slag by en klits tot die meel in die melk versprei is.
Hou aan klits oor lae hitte vir 5–10 minute tot die witsous dik en gaar is.
Verwyder van die hitte en voeg die cheddarkaas en eiergele by. Roer tot die kaas smelt en voeg die chorizo by.
Dreineer die pasta en meng die kaassous deur. Geur met sout en swartpeper.
Giet in ’n oondvaste bak en strooi die parmesaankaas en broodkrummels oor.
Bak vir sowat 15 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.

Boekbesonderhede


» read article

Attend the announcement of the winners of the Sanlam Prize for Youth Literature 2017


» read article

Launch: Democracy & Delusion by Sizwe Mpofu-Walsh (25 October)

 
 

 
 
 
 
 
 

 
 
 
 
 

 
 
 
 
 
 

 
 
 
 
 
 

Book details


» read article

Makgoba opens a window on South Africa’s spiritual life in Faith & Courage: Praying with Mandela

“We thank you for the inspiration and strength
That you have given to Madiba,
Enabling him, over so many years, to draw out the best in others,
rousing us always, by word and example,
to seek the highest good for every child of this nation.”

Faith So prayed Archbishop Thabo Makgoba with Nelson Mandela in his home in 2009 at the request of Graça Machel. This marked the start of a moving relationship between southern Africa’s Anglican leader and Mandela in his last years.

Join Makgoba in his journey towards faith, from his boyhood in Alex as the son of a ZCC pastor to Bishopscourt and praying with Mandela. He shares his feelings about his pastoral approach to the world icon, and how they influenced his thinking on ministering to church and nation.

What did praying with those nearest and dearest to Mandela mean? What was Madiba’s spirituality? In trying to answer these questions, Makgoba opens a window on South Africa’s spiritual life.

Thabo Makgoba is the Anglican Archbishop of Cape Town. He has a PhD from the University of Cape Town and is chancellor of the University of the Western Cape. In the tradition of Cape Town’s archbishops, Makgoba is an outspoken spiritual leader, activist and driver of civil society protests against corruption, abuse of power and inequalities.
 

‘A moving tribute to Madiba whom Archbiship Makgoba celebrates as an exemplar of … faith and courage.’
- Thabo Mbeki

Book details


» read article

Launch: Democracy & Delusion by Sizwe Mpofu-Walsh (17 October)

Many common political arguments come pre-packaged in a very old and dusty box – and in this book, Sizwe Mpofu-Walsh sets out to dismantle that box. The self-evident truths are not, in fact, so indisputable. He argues that free education is far from impossible, the ANC did not liberate South Africa, land reform is not the first step to chaos, and the media is not free…

In this incisive, informed book we find not only challenges to commonly held opinions, but optimism about South Africa’s future and new solutions to old problems.

Sizwe Mpofu-Walsh is an outspoken political commentator, scholar and musician. He is a co-founder of the InkuluFreeHeid Organisation and was prominent in the Rhodes Must Fall movement at Oxford University, where he is currently pursuing a doctorate in international relations. He has made popular videos about South African politics, available on his site www.sizwempofuwalsh.co.za and his social media accounts. Visit the site for the companion rap album to this book, also titled Democracy and Delusion.

Book details


» read article

Launch: On the Brink by Claire Bisseker (12 October)

Few countries in transition have managed to get a grip on their public finances as well as South Africa did after 1994.

Now, just more than twenty years later, the nation’s credibility and the democratic project lie in tatters as we teeter on the brink of a political and fiscal cliff. Business confidence and investment have evaporated along with clean, accountable government, causing South Africa to be downgraded to junk status, crushing the country’s growth potential and pushing it towards a debt trap.

How did we land up in this mess, and can we pull back from the brink?

Claire Bisseker, the award-winning economics editor of the Financial Mail, unpacks the crisis in this accessible and highly readable guide to what makes our economy tick. Claire has won the prestigious Sanlam Financial Journalist of the Year Award twice, and the award for the economics category five times. Her passion for economics was ignited by the then University if Natal, where she was taught by Harvard economist Robert Klitgaard. Bisseker lives with her husband and three daughters in Franschhoek. She is an avid hiker and kloofer.

Book details


» read article

In memoriam: Ryk Hattingh (26 Julie 1957 – 10 Oktober 2017)

Human & Rousseau en NB-Uitgewers verneem met leedwese van die afsterwe van Ryk Hattingh (54).

Skrywer en vertaler Zirk van den Berg het NB-Uitgewers vanuit Nieu-Seeland ingelig oor Hattingh se afsterwe vanoggend, 10 Oktober 2017. Hy is oorlede aan ’n hartaanval. Hy laat sy vrou en drie kinders agter.

Hattingh was die skrywer van Die tonnel, Markus vermoed ’n verhaal, Ignatius Brand, Witskrif en ten slotte Huilboek, ná ’n stilte van negentien jaar. Huilboek het skaars ’n week gelede die grootste fiksietoekenning in Suid-Afrika verower, naamlik die kykNET-Rapport-prys vir Afrikaanse romans.

In 1988 het Hattingh se toneelstuk Sing jy van bomme, onder regie van wyle Lucille Gillwald, groot opslae in Johannesburg en Pretoria gemaak met die ingrype van die destydse sensuurraad wat daartoe gelei het dat ’n naaktoneel gesensor is. Sing jy van bomme is met vyf Vitas bekroon. Opdrag: Ingrid Jonker (in samewerking met Jana Cilliers) het wyd deur die land getoer en is met verskeie pryse bekroon.

Die Foster-bende, ’n grafiese verhaal oor dié berugte bende se rowery in die vroeë twintigste eeu aan die Rand, geskep deur Ryk Hattingh en Conrad Botes, sien die lig in 2000. Die werk is in 2011 in Frankryk uitgegee.

In 1994 bring Hattingh en Tienie du Plessis die onafhanklike uitgewery Hond op die been. Bo en behalwe ’n hele paar debuutromans en -bundels publiseer hulle ook werke van Breyten Breytenbach, Antjie Krog, en Koos Prinsloo.

Hy maak naam in Suid-Afrika as skrywer en dramaturg en as joernalis by die destydse Vrye Weekblad en Die Suid-Afrikaan (saam met Antjie Krog). In 1995 word hy aangestel as die redakteur van Loslyf, die eerste Afrikaanse prikkeltydskrif.

In 1997 het Ryk en sy gesin na Nieu-Seeland geëmigreer. Hy het in Auckland gewoon, waar hy die afgelope twintig jaar skoene reggemaak en duplikaatsleutels vervaardig het. Sy mees onlangse besoek aan Suid-Afrika was tien dae gelede, waartydens hy die kykNET-Rapportprys vir Huilboek in ontvangs geneem het.

Nèlleke de Jager, fiksieuitgewer by Human & Rousseau: “’n Mens het nie woorde nie. Soveel energie, soveel onbevange lewenslus – vir lees, vir bome, vir voëls, vir kosmaak, en ja, vir mooi vroue. Net laas week nog hoor ek hoe sê hy aan ’n medeskrywer: ‘Maar daar is niks anders wat jy kan doen nie. Skrýf. Jy kan niks anders doen as aanhou skrýf nie.’ En om nou te dink ons gaan nooit weer Ryk se stem hoor nie. Dit was ’n groot boom wat geval het. Woorde is daar nie.”

Boekbesonderhede


» read article

Launch: On the Brink by Claire Bisseker (10 October)

Few countries in transition have managed to get a grip on their public finances as well as South Africa did after 1994.

Now, just more than twenty years later, the nation’s credibility and the democratic project lie in tatters as we teeter on the brink of a political and fiscal cliff. Business confidence and investment have evaporated along with clean, accountable government, causing South Africa to be downgraded to junk status, crushing the country’s growth potential and pushing it towards a debt trap.

How did we land up in this mess, and can we pull back from the brink?

Claire Bisseker, the award-winning economics editor of the Financial Mail, unpacks the crisis in this accessible and highly readable guide to what makes our economy tick. Claire has won the prestigious Sanlam Financial Journalist of the Year Award twice, and the award for the economics category five times. Her passion for economics was ignited by the then University if Natal, where she was taught by Harvard economist Robert Klitgaard. Bisseker lives with her husband and three daughters in Franschhoek. She is an avid hiker and kloofer.
 
Book details


» read article

Martelize Brink kan nóg ’n vaardigheid op haar CV skryf: kosskrywer!

Martelize kook!Martelize Brink is een van daardie “larger than life”-mense. Dit is onmoontlik om ’n etiket om haar nek te hang. Omroeper, ja. Maar ook toerleier, marathon-deelnemer, ATKV-Mediaveertjiewenner, kanovaarder en deesdae selfs aktrise.

Kosmaak is Martelize se manier om te ontspan aan die einde van ’n dag. En met Martelize kook! Jy’s genooi kan sy nóg ’n vaardigheid op haar CV skryf: kosskrywer. In dié boek deel sy kos uit haar kinderdae, soos gaatjiebrood – ’n heerlike kampeer- en gesinsontbyt. Dan volg ’n allegaartjie met onthaalkos, kuierkos en braai-kos, asook soetgoed en poedings. Elke resep is getoets en elkeen is anders. Anders, maar nie vreemd nie en sonder fieterjasies: Sy maak sosaties met blomkool en haloumi, vul ravioli met boerewors en ryg koeksisters op sosatiestokkies vir ’n soet braai.

Elke snoephappie en gereg is ideaal om met vriende te deel en só heelaand saam te kuier. En laataand kan jy die laaste bietjies in bakkies pak en saam met hulle huis toe stuur. Dis nou te sê as daar iets oorbly . . .
 
 

WIE IS MARTELIZE BRINK?

Die boompie (wingerdstok) is in die Paarl geplant en gebuig. En vyftien jaar gelede het sy haar eerste program op MFM, die Universiteit van Stellenbosch se kampusradiostasie, uitgesaai. Nadat sy ’n honneursgraad in politieke wetenskap verwerf het, het sy haar debuut op RSG gemaak. Sedertdien gesels Martelize land en sand oor enigiets op die lug – van kommandowurms tot tiervisvang. En natuurlik kos.

Martelize bly in Seepunt, naby die water en ’n klipgooi van die SAUK, haar werkplek. Soggens om 09:00 word die mikrofoon aangeskakel vir Oggend op RSG en ná 12:00 – wanneer die program eindig – beantwoord sy honderde e-posse, of ry die wêreld vol op soek na interessante Suid-Afrikaanse stories en nuwe resepte.

Wat maak haar gelukkig? Honde, perde, haar familie, vriende, kos, goeie rooiwyn en musiek.

Boekbesonderhede


» read article

“How do you have sex in space?” Read John Maytham’s Rapid Fire and find out…

What is the origin of the word ‘bluetooth’? How do you have sex in space? Which UK football ground is surrounded by Bloemfontein and South Africa roads? When walking round Rondebosch Common, why is it wise not to go widdershins?

These are just a few of the questions put to the formidable John Maytham by 567 CapeTalk listeners to test his remarkable general knowledge in the ever popular Rapid Fire insert on the afternoon drive-time show. Now, join the veteran broadcaster on a tour of some of the oddest, arcane and most surprising questions – and be tickled by the weird and wonderful answers.

‘John Maytham may be the most erudite and interesting person on air, and if you read this book, a little John Maytham will rub off on you.’ Darrel Bristow-Bovey
 
 
John Maytham is 567 CapeTalk radio station’s afternoon drive-time host. He is a trained actor who made the switch to radio more than 20 years ago, when he joined the news team at Capital Radio 604. He joined CapeTalk as news editor and breakfast host when it was started in 1997, and was the first person to speak on the station.

Book details


» read article