Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Is jy opsoek na die beste macaroni-en-kaas resep ooit? Herman Lensing het hom!

30Die gewilde en gerekende koskenner Herman Lensing vier 30 – op allerhande maniere, maar (natuurlik!) het die belangrikste daarvan met kos te doen.

Daar is byvoorbeeld 30-minute-resepte, die 30 dinge wat jy van wyn moet weet, en wenke van sy koskenner vriend oor hoe om jou gebak te laat skitter – en ook 30 goeie gewoontes, dinge wat sy ma hom nooit vertel het nie, maniere om gesond te bly en meer.

Die resepte word verdeel in die afdelings brood, maalvleis, graan, pasta, varkvleis, tuna, skaapvleis, en hoender. By elke afdeling is daar ook vier “moet-maak” resepte.

Herman deel sy kennis en wenke gulhartig, en nooi lesers ook om ’n bietjie uit sy lewe te leer.
 
 
Herman Lensing is in 2009 op 22-jarige ouderdom aangestel as Sarie se jongste kosredakteur ooit. Hiermee volg hy in die voetspore van bekendes soos Barbara Joubert en Peter Veldsman.

Die aantreklike jong man het amper onmiddellik ’n gunsteling by Sarie-lesers geword. Sy aansteeklike entoesiasme, uitstekende koskennis en begrip vir die alledaagse werklikhede waarmee lesers te doene het, maak vir ’n wenkombinasie. Sy programme op VIA is baie populêr.

Herman trek vol sale wanneer hy kosdemonstrasies hou. Hy skryf ook ’n gewilde blog op Sarie se webwerf. Human & Rousseau is trots om sy eerste kookboek te kan uitgee.

Volg Herman op Twitter: @HermanLensing en lees sy blog.

Maar voor jy dié twee doen, berei die beste macaroni-en-kaas ooit voor!

As Vrydag aan die deur klop, juig ek want ek weet dis tyd vir rustig raak, wyn skink, vriende nooi en macaroni-en-kaas. Maar dis darem naweek, so ek hang uit en sit hom luuks voor!

300 g macaroni • 60 ml botter • 30 ml koekmeel • 500 ml melk • 200 g beleë cheddarkaas, gerasper • 2 eiergele • 225 g chorizo, in skywe gesny • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak • 40 g parmesaankaas, gerasper • 200 g broodkrummels

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Maak die pasta gaar volgens die aanwysings op die pak.
Maak die sous terwyl die pasta kook: Smelt die botter in ’n mediumgroot kastrol en voeg die meel by. Roer met ’n draadklitser tot die botter die meel geabsorbeer het.
Voeg die melk op een slag by en klits tot die meel in die melk versprei is.
Hou aan klits oor lae hitte vir 5–10 minute tot die witsous dik en gaar is.
Verwyder van die hitte en voeg die cheddarkaas en eiergele by. Roer tot die kaas smelt en voeg die chorizo by.
Dreineer die pasta en meng die kaassous deur. Geur met sout en swartpeper.
Giet in ’n oondvaste bak en strooi die parmesaankaas en broodkrummels oor.
Bak vir sowat 15 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment