Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Luister na ’n onderhoud met Carin Krahtz, skrywer van die Sanlam Prys vir Jeuglektuur-bekroonde Blou is nie ’n kleur nie

Blou is nie 'n kleur nieCarin Krahtz is onlangs met goud bekroon by die Sanlam Prys vir Jeuglektuur toekenningsaand vir haar roman, Blou is nie ‘n kleur nie. Die boek is deur die beoordelaars as ‘n universele, hartverskeurende storie, deurspek met spitsvondige dialoog beskryf.

Na die ongeluk drie jaar gelede val die oënskynlik gelukkige Vorster-gesin se lewens uitmekaar. Carin Krahtz sny met presisie deur die lewens van elk van die gesinslede met skerpsinnige dialoog en temper die verhaal met humor. Hierdie is nie ‘n wroegroman nie, maar ‘n nugtere kyk na die lewens van ‘n gesin wat verbrokkel en verswelg word deur voorstedelike angs en ander bagasie.

Carin Krahtz is in 1965 in Pretoria gebore en voltooi haar skoolloopbaan aan die Oos-Rand. In 1988 slaag sy haar Honneursgraad in Joernalistiek met lof aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy publiseer ’n aantal kinderboeke wat hoofsaaklik in die skolemark gebruik word.

Carin Krahtz, skrywer van Blou is nie ‘n kleur nie. ©Hanneri de Wet

 

NB Uitgewers het ‘n reeks onderhoude met die wenners gevoer. Luister hier na Carin se potgooi:


 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment