Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for December 6th, 2017

Die resepte in Jan Braai se Shisanyama is anibrand, hoor!

ShisanyamaJan Braai het vroeg in 2017 ’n skarebefondsing oproep uitgereik, en die reaksie van die Suid-Afrikaanse braairesepte was oorweldigend.

Van die honderde inskrywings wat hy ontvang het, het Jan meer as 80 gunsteling Suid-Afrikaanse braairesepte getoets en ingesluit.

Elke inskrywing vertel die storie van hoe die resep ontstaan het, hoekom dit spesiaal is – en natuurlik vier dit die diversiteit van shisanyama in Suid-Afrika.

Shisanyama beteken letterlik ‘om vleis te verbrand’ in Zoeloe, en verwys na die samekoms en kuiers wat gepaard gaan met die gaarmaak van vleis op ’n oop vuur.

Ontdek Mzansi-gunstelinge soos ribbetjies, ontbytpizza, chakalaka, brandewyn & coke ribbetjies, rooikerrie mossels, mieliebrood, mosterdroomys met T-bone steak, waatlemoenslaai en lam jaffels, met vele ander kosbare resepte, soos net Jan Braai dit kan doen!
 
 
Jan Scannell – beter bekend as Jan Braai – se groot passie is vleis en vleisbraai. Jan het Nasionale Braaidag eiehandig ’n jaarlikse kuier- en kosfees gemaak deur Erfenisdag nie-amptelik te herdoop tot Braaidag. Die een aktiwiteit wat alle Suid-Afrikaners saambind is immers om kos oor oop vure te kook.

Boekbesonderhede


» read article