Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Nathan Trantraal se Wit issie ’n colour nie vertel die stories oorie liewe annie anne kant vannie kantlyn

Daa is niks meer unimportant as die liewens van arm mense nie. As daa niks daa geskrywe innie margins staanie issit ma net oo dai stories nooit geskryf wôtie, of truthfully geskryf wôd ie. As arm mense doodgan los hulle niks agte nie, niks trace dat hulle exist et ie.

Wit issie ’n colour nie vertel dié stories. Dis stories oorie liewe annie anne kant vannie kantlyn.

Wit issie ’n colour nie is ’n versameling verhale oor grootword en die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek, sosioekonomiese kwessies en bruin kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika waarin ons ons bevind. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings van pogings om die lewe op die Vlakte te navigeer. Hierdie versameling is diep persoonlik en ’n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor, geskryf in Kaapse Afrikaans.

Nathan Trantraal is in Kaapstad gebore. In 2008 publiseer Tafelberg Stormkaap, ’n grafiese roman. Sy debuutdigbundel, Chokers en survivors, is bekroon met die Ingrid Jonkerprys (2015) en ’n ATKV-Woordveertjie vir digkuns (2014). Alles het niet kom wôd is sy tweede digbundel. Hy is tans besig met ’n MA-graad aan Rhodes-universiteit.

Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal, wenner van die Ingrid Jonkerprys 2015 en Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs 2018, is nou beskikbaar.
 

“’n Teks wat diep, diep bevredig. Daardie warmte wat jy kry as jy iets regtig goeds lees, dis waarvan ek praat. Op kolle ook vrek snaaks.” – Francois Smith

 
Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment