Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Bekendstelling: Jeremy vannie Elsies deur Jeremy Vearey (31 Mei)

Van laaitie tot politieke kryger, bandiet tot generaal-majoor, ondergrondse operateur tot presidensiële lyfwag…

Van sy kleintyd in Elsiesrivier neem Jeremy Vearey se lewe talle onvoorspelbare wendings.

Sy eiesoortige vertelling sluit die ouere manne van sy jeug in, die ooms by die damstafel, kerkjeugkampe en die Kommuniste-manifes, skoolhou en ondergrondse werk vir MK, en sy aanhouding op Robbeneiland. As Mandela se lyfwag help hy ’n opstand in die Karoo ontlont, voor hy deel word van die nuwe SAPD, waar hy saam met die gewese vyand terrorisme en Kaapse bendes takel.

En onder alles loop ’n donker stroom.

“’n Baasspeurder met ’n vlymskerp pen.” – Jacques Pauw

“Die boek sal jou ontroer, laat lag, laat kopskud en laat nadink, maar bowenal sal dit jou elke nou en dan laat vergeet om asem te haal. ’n Outobiografie wat in die riller-afdeling hoort.” – Nathan Trantraal

“Ontstellend goed. Ek kon dit nie neersit nie; ’n bondel dinamiet.” – Riaan de Villiers

“’n Vars stem oor ’n lewe op die snykant.” – Tobie Wiese

Besonderhede

 

Please register or log in to comment