Bekendstelling: Truitjie roer my nie deur Schalk Bezuidenhout & Erns Grundling (9 Junie)

Wat beteken dit as ’n jong Afrikanerman jou beskryf as “nogals orraait”? Hoe trek jy die gehoor se aandag as die basaarpoeding hulle gemesmeraais het? En waar in die wêreld is die berugte Pomona Spur? In dié piepie-jou-nat-van-die-lag memoire verklap Schalk – en sy soortvan-bestuurder, Erns Grundling – die bisarre en hartroerende dinge wat hy oorgekom het op sy reise regoor die land na oral waar ’n mikrofoon en ’n gehoor hom inwag.
Besonderhede
- Datum: Saterdag, 09 Junie 2018
- Tyd: 10:30 VM vir 11:00 VM
- Plek: UPPERcase, 77 Amarand Ave, Waterkloof Glen, Pretoria | Map
- RSVP: john@uppercasebooks.co.za
Boekbesonderhede
- Truitjie roer my nie deur Schalk Bezuidenhout, Erns Grundling
EAN: 9780795801778
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Truitjie roer my nie deur Schalk Bezuidenhout, Erns Grundling
Please register or log in to comment