Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Bekendstelling: Kinnes deur Chase Rhys (30 Oktober)

Almal in Jurassic Park op die Kaapse Vlakte ken vir Anwaar ‘Ahnie’ Brandt vandat hy ’n ekstra in die film GangStar was. Maar die baas van die Butcher Boys soek nog meer roem. Nou maak die gang hulle eie movies met hul selfone – movies wat die vrees in mense se oë vasvang. Ahnie se ma, Mary, kyk anderpad en sê sy weet van niks. Sy het mos nog ’n baksteenfoon, sy like nie van tegnologie nie.

Nicole Lamb en Derick Delcarme is in matriek en verlief, maar toe Nicole swanger raak, moet Derick die skool verlaat om ’n werk te soek. Hy het geen ander keuse as om by die UML-gang aan te sluit nie, want daar kan hy darem geld maak.

Rolanda Fischer wil ’n lewe van weelde soos ’n Cape Kardashian hê en as sy nie ’n celebrity op sosiale media kan word nie, gaan sy vir haar ’n ryk man kry. Maar sy hou ook van ’n bad boy…

In Kinnes word moeilike waarhede met deernis en humor oopgeskryf.

 
Details

 

Please register or log in to comment