Archive for the ‘Art’ Category
by Chris on Feb 6th, 2012

Tafelberg nooi jou uit na ‘n gesprek met Carina Stander oor haar roman Wildvreemd op Donderdag, 9 Februarie 2012 by Signature Gallery in Pretoria.
Kom luister en kyk na Stander se kunswerke van karakters en tonele uit Wildvreemd. Haar roman sal by die geleentheid teen die uitgewersprys van R195 te koop wees.
Die uitstalling duur tot 20 Februarie 2012.
Besonderhede van die geleentheid
- Datum: Donderdag, 09 Februarie 2012
- Tyd: 6:30nm vir 7:00nm
- Plek: Signature Gallery,
Roslynstraat 397,
Waterkloofglen,
Pretoria | Padkaart
- RSVP: wildvreemd@carinastander.com, 0731458981
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on Dec 19th, 2011

Carina Stander het onlangs haar debuutroman, Wildvreemd, by Lanzerac in Stellenbosch bekendgestel met die opening van ‘n tentoonstelling van haar kunswerke wat op die roman gegrond is.
“Dit vorm ‘n spiraal,” het Stander aan Bibi Slippers verduidelik, “Eers het ek Wildvreemd in my gedagtes sien afspeel, soos ‘n fliek, toe het ek dit geskryf en nou is ek terug by die sien – die visuele kuns.” Die uitstalling is tot 9 Januarie 2012 by Lanzerac te sien.
Hallo Carina, en baie geluk met die verskyning van jou eerstelingroman, Wildvreemd. Kom ons begin by die begin: jy vertel in ’n onderhoud in Rapport dat die eerste sin van jou roman hom reeds tydens jou universiteitsdae by jou aangemeld het, sommer terwyl jy in die stort was. Ek het onlangs ’n gesprek bygewoon waar Ingrid Winterbach, Etienne van Heerden en André P Brink “Die begin en einde van die roman” bespreek het. Hierdie drie het almal die opinie gedeel dat daar nie werklik iets soos ’n Eerste Sin bestaan nie, dat ’n roman uit ’n idee voortspruit eerder as noodwendig uit ’n sin. Is jou destydse eerste sin nog steeds jou eerste sin? Is dit enigsins nog in die roman, of het die sin ontaard in ’n konsep waarrondom jy die boek gebou het?
Baie dankie vir die gelukwensing, Bibi.
Ek was negentien jaar oud, ’n tweedejaar-kunsstudent by Tuks, toe dié frase een oggend in my kop spring: “Stilte is ’n oergeluid.” Dit, het ek geweet, is die eerste sin van my eerstelingroman. Nie die openingsin nie, maar die sin wat die stemming van die hoofkarakter sou saamvat. Dit was soos om iemand vanuit ’n bewegende trein te sien, in die verbygaan, vlugtig, en dan telkens terug te keer na die perron tot mens mekaar op ’n dag uiteindelik raakloop.
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on Oct 28th, 2011

Dit is nie net Carina Stander se digkuns wat met vele vlakke van betekenis werk nie. In haar eerste vollengte prosawerk, die roman Wildvreemd, word verskillende betekenisse reeds deur die titel opgeroep.
“Die titel kan eerstens verwys na ‘verwildering’, want in die roman word ‘n vrou uit die samelewing verwilder,” het Stander by die bekendstelling van haar boek by Lanzerac-wynlandgoed buite Stellenbosch gesê. In Wildvreemd is die hoofkarakter ‘n stom vrou wat in ‘n woud woon en met bye boer. Al die dorpenaars maak hul eie stories oor haar op, byvoorbeeld dat sy ‘n heks is of ‘n hoer, dat sy klein seuntjies vergiftig en dat sy stom is omdat ‘n hiëna haar aan die nek gebyt het.
“Tweedens,” het Stander, in gesprek met haar redakteur Francois Smith gesê, “kan die titel na ‘wildernis’ verwys”. Daar is volgens haar ‘n sterk bewaringstema in die boek. “Dit gaan egter nie net oor die bewaring van die natuur nie, maar ook oor die mens se sielslewe.” Volgens haar suggereer die titel ook die “barbarisme” van mense wat die natuur skade aandoen.
“En dan is ‘Wildvreemd’ natuurlik ook iets wat ‘baie vreemd’ is.” Stander wys daarop dat al die karakters in Wildvreemd ‘n bietjie ongewoon is. Trouens, Stander meen elke mens het ietsie “vreemds” aan hom of haar. “Ek het nog nooit ‘n vervelige persoon ontmoet nie,” sê sy.
In die gesellige atmosfeer van ‘n kamer met ‘n kaggel, gedempte beligting en groot gemakstoele by die Lanzerac-hotel, het Stander vir die gaste ‘n voorsmakie van haar boek gegee met ‘n voorlesing uit Wildvreemd. Kyk ‘n video van die voorlesing:
Daar is beslis ooreenkomste tussen Stander se prosa en poësie, maar op ‘n vraag van Chris Chameleon uit die gehoor, het Stander erken dat sy ook ‘n kopskuif moes maak om ‘n roman te kon skryf. “Met digkuns is ‘n mens gewoonlik baie subtiel,” het Stander verduidelik. “Ek was aan die begin so subtiel met die skryf van Wildvreemd dat Francois, my redakteur, nie die helfde van die goed opgelet het wat ek met die storie probeer doen het nie! Ek moes leer om ‘n bietjie duideliker te skryf.”
Nog ‘n verskil tussen poësie en prosa, waarin Stander haar verlustig het, was dat ‘n mense vir die skryf van ‘n roman deeglike navorsing oor ‘n onderwerp kan doen en ekstensief daaroor kan skryf. “Met digkuns kan ‘n mens nie te veel oor dieselfde onderwerp skryf nie. Ek is altyd so spyt as ek baie navorsing gedoen het en net agt gedigte daarvan kan maak.”


Stander is egter nie net ‘n digter en romanskrywer nie, maar ook ‘n visuele kunstenaar. ‘n Tentoonstelling van haar kuns is saam met die boekbekendstelling by Lanzerac geopen en gaste kon na werke kyk wat deur die roman Wildvreemd geïnspireer is. Oor die wisselwerking tussen haar skryfwerk en visuele kuns sê Stander: “My prosa is baie visueel, terwyl my skilderkuns soms narratiewe elemente het.”
Stander het al die gaste hartlik bedank dat hulle gekom het om die geboorte van haar boek, waaraan sy 15 jaar lank gewerk het, en wat sy 20 keer herskryf het, te vier. Stander het die boek op 19-jarige ouderdom begin skryf, en sê sy is bly dat sy so vroeg begin het, omdat die jong karakters in haar boek nou baie geloofwaardig klink. Dit is ook volgens haar goed dat die boek nie voortydig gepubliseer is nie. “Dit is eers toe ek my 30′s bereik het dat ek my karakter ten volle verstaan het.”
As ‘n teken van haar dank het Stander ‘n verrassing vir haar gaste gereël: Hulle is buite met ‘n vuurdans vertoning bederf. Kyk ‘n video van die vertoning:
* * * * * * * *
Carolyn Meads het regstreeks vanaf die bekendstelling met #livebooks getwiet. Lees ‘n paar van haar twiets:
* * * * * * * *
Facebook galery


Boekbesonderhede
» read article
by Chris on Oct 20th, 2011

NB-Uitgewers nooi jou hartlik uit na die gesamentlike opening van Carina Stander se kunsuitstalling en bekendstelling van haar debuutroman Wildvreemd. Kom luister en kyk na Stander se kunswerke van karakters en tonele uit Wildvreemd, op Donderdag 27 Oktober by Lanzerac-wynlandgoed, Stellenbosch. Die kunsuitstalling duur tot 31 Desember 2011.
Sien jou daar!
Besonderhede van die bekendstelling
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on Oct 5th, 2010

Human & Rosseau en wynplaas Klein Parys nooi jou uit om die boek bekendstelling van Samoe(r)sareis deur C Johan Bakkes en die kuns uitstalling van sy student, Nanna Vorster.
“Die wêreld is te groot vir een leeftyd. Tyd en lewe het my geleer dat hoe jy ook al probeer, die donner weet, jy kan nie regtig alles wat jy wíl doen, inpas nie.” Maar dit beteken nie jy kan nie probeer nie! Johan Bakkes kies altyd maar die smalle weë, dáár waar min ander dit nog gewaag het. Soos die berg Stok Kangri in Indië, al 6 200 meter daarvan. Maar Samoe(r)sareis gee ons nie net insae in Bakkes se Indiese ekskursie nie. Benewens die heerlik avontuurlustige vertellings is daar ander stories wat veel nader aan die huis afspeel, en hy gee veral aandag aan die “Boksombende” wat al sy wedervaringe saam met hom meegemaak het.
Jy reis immer voort, en telkens kom die wete: “tydens die reise wat vir ons sin maak, eindig ons maar altyd op ’n ánder plek, maak nie ’n hel saak hoe ons ook al beplan nie”… Soos Laurence Block gesê het: “A man has to die of something. Live long enough, and sooner or later you die of too much living!”
Nooi soveel mens as wat julle wil saam, maar dit is belangrik dat julle ‘rsvp’ sodat ons weet hoeveel kos en drank dar moet wees. Sien julle daar!
Besonderhede
Boekbesonderhede
» read article
by Chris on Sep 22nd, 2010

Human & Rousseau, in collaboration with the Hout Street Gallery, invite you to an exhibition by artist and illustrator, Rosalind Stockhall.
The exhibition will feature selected pieces from the children’s book Rodomtalie.
Please come visit us for this special event from the 23rd of September to the 3rd of October.
Event Details
- Date: 23 September to 3 October 2010
- Time: 8:30 AM to 5:30 PM,
Sunday: 10:00 AM to 5:00 PM
- Venue: Hout Street Gallery, 270 Main Street, Paarl | Map
- RSVP: Hout Street Gallery, 021 872 5030
Book Details
» read article
by Chris on May 3rd, 2010

World renowned photographer Alf Kumalo recently hosted an exhibition in Swaziland. Musa Ndlangamandla examines Kumalo’s relationship with the country:
The name ‘Alf’ is synonymous with many historic events, such as the intriguing story of South Africa’s fight against apartheid, Africa’s battle against poverty and disease and the triumph of a black boxer and athlete in segregated America.
Alf’s adventurous life has seen him ‘freeze through the lens’ Nelson Mandela’s first steps out of 27 years of captivity, Mohammad Ali’s victory against George Foreman in that famous ‘Rumble in the Jungle’ showdown in Kinshasa DRC, the meeting of King’s and plebeians and the general triumph of the human spirit.
Book details
» read article